Trotse gasvroutak

 

Trotse gasvroutak

Posted by VLV in Jeffreysbaai Tak, News 05 Mar 2014

Sirkel: Suid-Ooskus

Tak: Jeffreysbaai

Beriggewer: Mara Fourie, sekretaresse

Datum: 3-4/03/14

Onder die bekwame leiding van voorsitter, Mercia Ungerer, en al die lede, het ons tak ‘n uiters geslaagde Konferensie by De Viswijf aangebied. 

 

As sprekers het opgetree:  Prof. Leon Steenkamp – Klinies-pastorale berader, Dr. Leon Coetzee, Franz Geldenhuys – sanger, Frikkie Sutherland – voorsitter: Afriforum, Booi Koerat – Burgemeester en Allen Right – Dorp van Drome.  Erika Lubbe, VLVK-president, het ons vereer met haar teenwoordigheid en ook die pryse oorhandig.

 

Die VLV-lede het hulself oortref met die pragtigste handwerk en heerlikste gebak.  Die 2-liter bottels wat met onherwinbare materiaal gevul is, en wat as bakstene gebruik gaan word om klaskamers te bou, is ook uitgestal. Elsa Louw van Hankey, wat sedert haar kinderjare blind is, is as lid van die jaar aangewys.  Haar inkopiesak, met rits en al van afvalmateriaal gemaak, is verlede jaar by die Kongres uitgestal. 

 

Jeffreysbaai VLV, soos VLVK, se tema vir 2014 is:  “Verskuif jou grense”.  Ons het dit reeds uitgeleef gedurende die pas afgelope Konferensie.

Post a comment

17 + 2 =