Troospoppies vir STOP

 

Troospoppies vir STOP

Posted by VLV in Goodwood Tak, News 21 Jun 2017

 

Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 20 Junie 2017

 

 

 

 

 

Die sameroeper van die vergadering, Magdaleen Joubert, het kom vertel hoe sy haar “wenlap” gemaak het.  Sy het die eerste plek asook die prys vir die beste artikel op ons Konferensie vir haar hardangerlap gekry. Dit het haar 8 maande geneem om die meesterstuk te voltooi.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sy het ook gewys hoe om ‘n beertjie-karakter uit ‘n sokkie te maak, asook “handsakkies” van vadoeke en waslappe.  Lg. kan as ‘n geskenkie vir ‘n kombuistee of ooievaarstee gegee word.

 

 

 

 

 

 

 

 

Een van ons Tak se projekte hierdie jaar is om poppies vir STOP (Stop Trafficking of People) te brei.  Feesia Marais het die lede kom inspireer om aan die werk te spring.  Sy het haar eie, sowel as haar vriendinne se handewerk kom wys en haar boodskap is dat elke poppie uniek is; dis verniet en nie te koop nie.  Soos jy in die Here se hand pas, so pas die poppie in jou hand. ‘n Ander lid, Martie Beneke, het reeds 90 poppies gebrei.

 


Feesia Marais met die gebreide poppies.

 

Magdaleen Joubert (sameroeper) en Wenda Preuss (voorsitter).

 

Post a comment

2 × one =