Trippe, Trappe, Tone

 

Trippe, Trappe, Tone

Posted by VLV in Loerie Tak, News 15 May 2014

Sirkel: Suid-Ooskus

Tak: Loerie

Portefeulje: Gesondheid

Sameroeper: Petro Steenkamp

Beriggewer: Hester Marx

Datum: 15 Mei 2014

 

Rene Olwagen, skoonheidstegnikus, ken van voete pamperlang! 

Rene Olwagen.

Eerstens gee sy ‘n fisiologieles. Daar is 26 beentjies, 107 ligamente en 19 spiere in jou voet. Teen so 70 jaar sal jy minstens 165 000 km gestap het. Daardie mooi skoene kan ook groot probleme veroorsaak. Daar is verskrikkings soos knokkels, liddorings en hamertoon wat veroorsaak word deur verkeerde skoene te dra. Koop skoene in die oggend voordat jou voete geswel is. Onthou jou voete is nie ewe groot nie, so pas albei skoene aan.

 

Die groot les te leer is, versorg jou voete en jy sal die duisende kilometers sonder sorge aflê.

 

Drie lede, wat in Maart die KANSA Relay in Jeffreysbaai se Fountains Mall gestap het, het hul “herwinningsuitrustings” aan die dames vertoon. Dit was een van drie pretlope waaraan hulle die nag deelgeneem het. Teen 4 uur die oggend was hulle en hul voete nog op en wakker! 

Hester Marx, Irené van Vuuren, Gertina Reynecke.

Post a comment

two × one =