Toets jou kennis

 

Toets jou kennis

Posted by VLV in Dordrecht Tak, News 15 Aug 2019

Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 14 Augustus  2019

 

 

Augustus se VLV-byeenkoms gaan gewoonlik oor finale reëlings in verband met die komende Kongres, maar daar is ook ‘n paar interessanthede aangebied.

 

By Maart se jaarlikse Konferensie is besluit dat ELKE lid van Sirkel Noordoos-Kaap Vroetelwurms vir Alzeimer-pasiënte sal brei. Dis ‘n vrolike bont breiwerk met knope (vir tekstuur) en sleutels (vir gevoel van tuiswees) versier waarin die persoon sy/haar hande kan warm maak. Die tak se bydraes moes noual ingehandig word. Vir die VLV van Kaapland se projek  “Plastiek – ons Vyand!” moes elke lid ‘n inkopiesak van materiaal maak, wat netjies in ‘n kleiner sakkie pas. Dit is ook uitgestal.

 

Antoinette van Pletzen het ‘n Potpourri Vasvra aangebied, waaruit almal iets kon leer! Vrae het gewissel van nasionale simbole, die Groot 5 op geldnote, letterkunde,  en plaasvervangers vir bakbestandele, tot aardrykskunde, kunste en diere-inligting. Die wenner kon eerste kies uit ‘n sak vol sjokolade, en daarna het elkeen ‘n beloninkie ontvang.  Enkele aanhalings is uit die tydskrif “Plus 50” voorgelees, o.a. dat bejaardes op afslag kan aanspraak maak by sekere winkels.

 

Vervolgens het Antoinette die belangrikheid verduidelik van hoe om jou nek op te pas, en die lede ook gepaste oefeninge laat doen.  Elke jaar word ‘n oorsese land asook ‘n inheemse volksgroep in Sirkel NOK bestudeer, en vanjaar is dit Switserland en die Tswanas se beurt. Antoinette het die plakboek wat sy daaroor saamgestel het, bespreek.

 

Anna van Niekerk het gewys hoe om gebreide blokke te pars sonder om ‘n strykyster te gebruik, deur dit met spelde op ‘n sagte maar stewige oppervlak vas te steek, bietjie nat te spat en dan in die son te laat droog word.  Sy het ook “Training Pads” gewys waarop jong hondjies geleer kan word om hul toilet te doen, aangesien dit ‘n reuk afskei wat honde lok.

 

Ten slotte het Anna begin met 4 reëls van ‘n bangmaak-storie, waarná die volgende persoon 4 reëls moes aanlas. So het dit in die rondte gegaan totdat elkeen iets kon bylas – soms met skreeusnaakse gevolge! Daaruit het toe ook enkele veiligheidswenke voortgevloei.

 

 

 

Snoesige Vroetelwurms

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Inkopiesakke om in die plek van plastieksakke te gebruik

 

Leave a Reply