Toerisme in Cradock

 

Toerisme in Cradock

Posted by VLV in Hofmeyr Tak, News 21 Sep 2015

Sirkel:  Cradock

Tak:  Hofmeyr

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Teresa Opperman

Datum:  21 September 2015

 

 

Sandra Antrobus, van die Victoria Manor in Cradock, het Hofmeyr VLV uitgenooi om hul Septembervergadering in die pragtige The Albert Lokaal van die  Victoria Manor te kom hou.    Spyseniering vir die geleentheid is hanteer deur Heila Meyer, Chef van Victoria Manor,  en Rika Featherstonehaugh is as gasspreekster genooi.

 

 

006 (Custom)

 

 

 

Die tafels het die dames ‘n eeu of meer teruggeneem, want dit was gedek met die fynste geborduurde linnetafeldoeke  en pragtige fyn porselein.  Die teetafel het gespog met gebak in soet en sout en op elke tafel was ‘n miniatuur rangskikking in ‘n outydse Royal Albert koppie.

 

 

004 (Custom)

 

 

Rika is betrokke by die Albert Guest House, en Sandra is die eienaar van Die Tuishuise en Victoria Manor op Cradock.  Hul is beide betrokke by die bevordering van toerisme in Cradock  Hul het hul wenke en uitdagings met die VLV dames gedeel en Hofmeyr VLV uitgedaag om meer betrokke te raak by toerisme.

 

 

VLV besoek Cradock 001 (Custom)

 

 

Na afloop van die ‘high tea’ en praatjie, is die dames op ‘n begeleide toer na Die Tuishuise geneem,  wat baie be-indruk het, aangesien elke huisie met groot  keurigheid en smaak ingerig  is.  Hofmeyr VLV het met opgewondenheid die uitdaging aanvaar en ‘n opvolgvergadering word reeds Maandagaand op Hofmeyr gehou waar ‘n voorlopige uiteensetting van toerismebestemmings  op Hofmeyr  bespreek sal word.

 

 

VLV besoek Cradock 003 (Custom)

 

Post a comment

1 × 5 =