Toeka tot Nou

 

Toeka tot Nou

Posted by VLV in Langebaan Tak 04 Feb 2015

Sirkel:   Weskus
Tak:   Langebaan
Beriggewer:   Charlotta van Eeden
Datum:   4 Februarie 2015

 

Langebaantak skop hul jaar af met ‘n andersoortige vergadering, aangebied deur die bestuur.
Die tema van die vergadering ; Toeka tot Nou.  Die dames het hul omtrent  uitgetof in klere van matriekafskeidsrokke tot trourokke.

 

langebaan1

Maretha Buckle (Sameroeper Opvoeding), Isabella Niehaus en Janeen Potgieter (Voorsitter geklee in haar matriekafskreidsrok)
Isabella  Niehaus (spreker) het die dames opnuut geinspireer deur te let op die visie binne elke vrou. Sy het veral klem gelê op die baanbrekerswerk wat vroue deesdae doen.  Soms vergeet ons, ons visie en verval in ‘n gemaksone.  Vroue moet hulself verryk en onthou dat jy elke dag ‘n nuwe begin kan maak.

 

langebaan

Hennah Greeff (Saamroeper Kunste en Handvlyt) geklee in “hot pants” en Isabella Niehaus (spreker)
Visie is eintlik net die reis na ons bestemming.  Partykeer is dit nie net drome en aspirasie nie, maar die verlange na drome, om die oënskynlike moontlik te maak.  Die dames  is verwys na Hellen Keller se aanname:  “The only thing worse than being blind, is having sight but no vision”.  Maak die lewe vir jou mooi, drink tee uit ‘n mooi koppie, bak koeksisters met ‘bling’.  Doen die onmoontlike.  Verbreek tradisies. Alles wat jy aanpak, doen dit met genot.  Gee jouself vlerke. Maak een droom waar.  Vlieg in 2015!

Post a comment

seventeen − one =