Tierkloof

 

Tierkloof

Posted by VLV in News 21 Apr 2015

Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum:  21 April 2015

 

Vryburg VLV het ‘n besoek afgelê by Tierkloof, ‘n skool met ‘n unieke geskiedenis. Die opperhoofde van Betsjoeanaland, nou Botswana, het in 1896 na Engeland gereis om die instelling van ‘n opvoedkundige instansie te bepleit.

 

 

Die London Missionary Society het in 1904 ‘n sendingstasie en opleidingsentrum net buite Vryburg gevestig. Vakleerlinge het onder toesig van gekwalifiseerde vakmanne hul opleiding in die indrukwekkende klipgeboue ontvang.

 

 

Dekades later is geboue deur brandstigting beskadig maar weer gerestoureer. Die skool is in 1995 amptelik heropen deur Desmond Tutu, wie se moeder ‘n leerling was van Tierkloof. Ander bekendes wat ook opleiding hier gehad het, is Sir Seretse Kghama en sy seun van Botswana.

 

 

Die skool strek van Graad 0 tot 12 en volg die Departement van Onderwys se leerplan. Alle leerlinge word verplig om in te skakel by buitemuurse aktiwiteite soos die gewilde marimba-orkes. Daar is ‘n koshuis vir leerders wat elders woon. Sommige wat hier skoolonderrig ontvang is van Botswana, Malawi, Zimbabwe en die Kongo.

 

 

begraafplaas - Copy (Custom)

Marietjie Steyn, Esta Twigge (nuutverkose VLV-voorsitter) en Chris Bothma by die gedenkteken vir die vrou van die eerste skoolhoof. Baie leerlinge wat gedurende die Groot Griep van 1918 dood is, is hier begrawe.

 

 

lede van tak - Copy (Custom)

VLV-lede voor die gebou waar die laerskool gehuisves word

 

 

eetsaal - Copy (Custom) (2)

Die oudste gebou is in 1905 voltooi en word tans as eetsaal gebruik

 

 

bouwerk v kerk - Copy (Custom)

Die kerkgebou word nog weekliks deur die skool gebruik om kerkdienste te hou

Post a comment

three × four =