Terug skool toe

 

Terug skool toe

Posted by VLV in News, Velddrif Tak 23 May 2014

Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Beriggewer: Marie Malan

Datum: 22 Mei 2014

Ons het so lekker saamgekuier tydens die Herfstee wat Velddrif VLV vir Aan Oewer Dienssentrum aangebied het.

 

Die tema was ” Terug Skool Toe”.  Met harte vol van nostalgie het ons in ‘n verskeidenhied skole se skooldrag opgedaag. Met ‘n geliefde serp of das om die nek, was menige versugting: Ai, die memories!  Verstommend is die feit dat ‘n hele paar lede in hul eie skoolklere pas!

 

As daar kinders is, moet daar mamma’s en ouma’s wees. Marie Malan lees ‘n verhaal uit Stories vir die Lewe. ‘n Engel bewonder God op die sesde skeppingsdag. God volstaan met die woorde: “sy is my meesterstuk”.  Gaste kry geleentheid om takies op hul plekmatjies in te vul. Jeanette Voges sorg ook vir die speletjies.  Mariette Voges van die Hoërskool Velddrif begelei Aidan Daniels met sy engelstemmetjie. Hy sing Dis ‘n Land van Carika Keuzenkamp.

Die lede neem deel aan die werktakies op die tafel.

Aidan Daniëls sing Dis ‘n Land.

 

Die Slimkoppie Akademie op Dwarskersbos se spreekkoor, voer Red Riding Hood op.

Slimkoppie Akademie se spreekkoor.

 

Die program het afgesluit met ons VLV-koor wat Pollenys sing en almal sing  saam Kinders moenie in die water mors nie. Rita Gresse is ons juffrou en Althea Walters die begleier. Na heerlike tee en skons gaan almal huis toe met ‘n kospakkie in ‘n kardoesie.

Veldrif tak se “terug skool toe” klasfoto.

Post a comment

thirteen − thirteen =