Terapie met behulp van “body mapping”

 

Terapie met behulp van “body mapping”

Posted by VLV in News, Nieuwoudtville Tak 01 Jun 2018

Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Berriggewer: Erika Kotzé

Datum: 31 Mei 2018

 

 

Kunste en handvlyt vergadering nooi Desiree Brand

 

Nieuwoudtville VLV se kunste en handvlyt portefeulje het op 31 Mei 2018 op Willemsrivier ‘n byeenkoms aangebied waar die talentvolle kunstenaar en beeldhouer, Desiree Brand ‘n praatjie kom lewer het.

 

Desiree Brand mosaïek

 

 

Desiree Brand body mapping

 

 

Desiree Brand en Ronelle Zirkel

 

 

 

Ronelle Zirkel het die spreker bekend gestel en weer bedank vir haar praatjie. Desiree het ons vertel van die Olifantsrivier-vallei mosaïek-roete asook meer vertel van die waarde van kuns tydens terapie met behulp van “body mapping”. Sy het pragtige voorbeelde gewys. Desiree het ‘n passie vir mense en die gemeenskap.

 

Daar was ook ‘n uitstalling om lede bloot te stel aan die Kunste & Handvlyt konferensie kompetisie- items. Die vereistes, groottes, lengtes, aanbieding en beperkinge is ook deurgegee sodat daar nie artikels gemaak word wat nie aan die kompetisie vereistes voldoen nie.

 

Die konferensie kompetisie items is: Prosa: dit het ek nie verwag nie!; ‘n leer-armband; die boekbespreking is die Laaste Tango deur Deon Meyer; Foto van hande in wit-en-swart; ‘n Akriel skildery van die natuur met ‘n rustige tema; asook ‘n Batik skinkbord lappie.

 

Die tema van die dag was Nieuwoudtville se VLV wapen waarop ‘n drieppoot-pot is asook proteas. Die tafels was versier met swart potte waarin proteas rangskik was. As gevolg van die droogte was daar maar min proteas, suikerkanne en waboom-blomme te pluk en daarom was handgemaakte fynbos ook gebruik om die tema uit te beeld. Die lede was verras met krummelpap, sous en wors en heerlike klein koeksusters vir ietsie soets. Tuisgemaakte rooibos-ystee was op die tafels want rooibos word verbou in Nieuwoudtville en rooibos is ook ‘n fynbos. Nieuwoudtville is deel van die mees Noordelike fynbos-bioom. Solank as die lepel in die pappot staan sal die nasie altyd kos kan eet.

 

Driepoot swartpot met proteas

 

Ons eie Louvaine Roos het die VLV-lied vir ons op haar eie unieke manier gesing.

 

Louvaine Roos

 

Die fotos van die byeenkoms is geneem deur Mandie Kotze.

 

Die tak-kompetisies was: Foto van een blom in kleur; handwerk was ‘n uittrek kaartjie; blomme was ruiker vir ma en dan was daar ook die akriel skildery van die natuur met ‘n rustige tema.

 

Blomme vir Ma

 

Ons beoordelaars was Hettie McGregor bygestaan deur Emjee Louw en die kunstenaar Saar Steenkamp het die skilderye beoordeel.

 

Hettie McGregor

 

 

Saar Steenkamp heel regs en Emjee Louw tweede van regs

Post a comment

9 − seven =