Tegnologie vriend en nie vyand nie

 

Tegnologie vriend en nie vyand nie

Posted by VLV in Murraysburg Tak, News 12 Jun 2014

Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Murraysburg
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Mette Kromhout
Datum: 11 Junie 2014

´n Beter ambassadeur vir die voordele van skootrekenaars, tablette en slimfone as Hein Grebe, die spreker by die Junie-vergadering,  kan ´n mens jou kwalik voorstel.

Grebe wou die dames daarop wys hoe maklik die tegnologie ons lewens maak. Hy verduidelik hoe Google ingespan kan word om deur die gebruik van sleutelwoorde spesifieke inligting te soek.

Google Maps is ´n uitstekende hulpmiddel om die beste roetes te vind.  Met Google Earth kan na satellietfoto’s van spesifieke areas gekyk word.

Youtube gee inligting in videovorm en kan stap vir stap gevolg word hoe bv. sekere herstelwerk aan ´n voertuig gedoen moet word.

Die rekenaar help nie net met die bekom van inligting nie, maar d.m.v. webwerwe kan jou spesifieke produk,  bv. gastehuis,  aan baie meer mense bekendgestel word as wat met konvensionele advertensiemetodes moontlik is.

Omdat die tablet of slimfoon klein en lig is, kan dit altyd byderhand kan wees.  Daar is deesdae ´n legio toepassings (toepse of apps) beskikbaar.  Met Jamie’s Recipes en Kokkedoor kan al hulle resepte bekom word terwyl MedScape en Instant Heart Rate Monitor op haas enige plek oombliklik belangrike mediese inligting kan verskaf.  Die Internet bankdienste is ´n groot hulpmiddel wat baie tyd spaar en frustrasie uitskakel.

Algemene toepassings is Quick Voice, wat gesprekke opneem, My Script Memo,  wat jou help om notas met jou vinger te skryf, Camcard  neem besigheidskaartjies af en stoor dit na kontakte,  Magic Plan gebruik jou kamera om ´n vloerplan te maak, Genius Scan / Scanner App gebruik die kamera om dokumente te skandeer terwyl ID’s met South Africa ID gekontroleer kan word.  Flashlight verander die slimfoon in ´n flits terwyl dit met Mag Glass of Microscope as vergrootglas gebruik kan word.

Ter afsluiting geniet die dames die spesiale tegnologiese koek, wat Lina van den Berg gebak het ten einde die tema van haar vergadering finaal te belig.

Lina van den Berg en Wilna Pienaar by hulle uitstalling van toeka tot nou.

Lina van den Berg en Wilna Pienaar by hulle uitstalling van toeka tot nou.

image.axd-24

Post a comment

six − 2 =