Tegnologie in die Klaskamer

 

Tegnologie in die Klaskamer

Posted by VLV in Slot-van-die-Paarl 03 Feb 2015

Sirkel:  Paarl

Tak:  Slot van die Paarl

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Annalise Loubser

Datum:  3 Februarie 2015

 

 

 

Die deurlopende projek is ‘Rekenaargeletterdheid’ en toe span ons dit in om na ‘n potgooi van RSG te luister oor ‘Watter rol speel tegnologie in die klaskamer en hoe gaan die klaskamer van die toekoms lyk?’!

 

 

*Tegnologie moet deel wees van die opleiding.  Ons werk met ‘n generasie kinders wat báie      weet van tegnologie; hulle is 24-uur per dag met mekaar in kontak.

*Onderwysers gaan terug na die ou metodes, maar die kinders sny uit, want hoe lyk die kind se wêreld deesdae?

*Kinders wil weet waarnatoe vat die onderwyser hom/haar met ‘n lesing.

*’n Onderwyser kan nie meer net kennis oordra nie! Die dag toe hy opgehou het met studeer, was 50% al verouderd.

*Die uitdaging is om die kind te motiveer om voorbereid na die skool te kom en dan word die inligting gesif (onderskei tussen goeie en minder goeie inligting) en ingeoefen en gevra ‘wat kan ek daarmee doen?’.

*Die vaardigheid wat die kinders móét leer, is hoe om te kommunikeer, want dit is al hoe jy kritiese denke kan ontwikkel. Maak ons papegaaie of deelnemers groot?

 

 

Kenmerke van skoolverlaters:

Hulle is gewoond aan struktuur, multi-kultureel, meer gefokus op gemeenskap, tegnologie is deel van hom, kan meer as een ding gelyk doen, is individualisties en wil dinge op sy manier doen, is baie afhanklik van vriende om hom en aanvaar dat hy nie sy lewe lank by een plek gaan werk nie.

 

 

Hoe lyk die skool?

Daar is nie noodwendig rye stoele nie, maar ‘n onderrig/leerruimte. Party werk op ‘n rekenaar en party op ‘n tablet; eintlik gaan dit soms chaoties lyk, want ons is gewoond aan die tradisionele manier. Die rekenaar móét gekoppel wees aan die internet. Sommige vakke sal aanlyn gedoen kan word as die skool dit nie aanbied nie; daarvoor sal daar ‘n ruimte beskikbaar wees by die skool.

 

 

‘n Aktiewe bespreking volg waartydens Louna Spies van Edublox noem dat kinders eers móét leer lees en spel…verstaan wat hy lees en kan kommunikeer anders raak hy net weer agter. Daar is kinders wat goed sal doen, maar daar is só baie kinders wat probleme het en leerondersteuning nodig het. SA is nog nie heeltemal gereed hierdie ‘oorname van tegnologie’ nie, want die kragsituasie veroorsaak probleme, die stelsel sal nie so goed werk by die ondergemiddelde kind nie en boonop gaan dit baie geld kos. Die Gr 10+ kan meer hierby baat.

 

 

Hierna kry ons goeie wenke by die landbousaamroeper oor hoe om tuinpeste te bestry:

*Maak eierdoppe baie fyn en gooi tussen plante.

*Plaas ‘n bakkie met bier êrens in die tuin.

*Plant stinkafrikaners, want dit hou goggas weg.

*Smeer Vaseline rondom die rand van ‘n pot met plante sodat die slakke nie kan inklim nie.

*Hang ou CD’s tussen vrugtebome om voëls weg te hou.

*Meng jou eie spuitmiddel vir plante met water, uie, knoffel en seep.

 

 

Ná so ‘n vol program kan die lede net weer verwonderd staan oor wat die VLV vir jou beteken en hoe jy ‘nooit te oud is om iets nuuts by te leer nie en dít omring met vriende!

Post a comment

12 + fifteen =