Tee vir borskanker

 

Tee vir borskanker

Posted by VLV in Alexandria Tak, News 09 Aug 2014

Sirkel: Middelland

Tak: Alexandria

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Dina Erasmus

Datum:  9/8/2014

 

Soos ons elkeen besef is borskanker iets wat miskien nie ver van jouself verwyder is nie! Reach for Recovery is daar vir ieder en elk van ons wanneer dit ons sou oorkom. Alexandria tak se portefeulje vir Gesondheid het die jaarlikse Kankertee ten bate van Reach for Recovery aangebied.

 

1

Joanne van die organisasie is die spreker.  Sy wys die gemaakte sakkie wat aan pasiënte uitgedeel word.  Dit bevat `n kussinkie vir gerieflikheid, asook ander noodsaaklikhede.  Daar is ook baie goeie leesstof in om pasiënte in te lig. Die fondse wat hierdie organisasie insamel gaan hoofsaaklik vir die verskaffing van `n prostese aan die dames wat dit nie self kan bekostig nie.

 

???????????????????????????????

Mara het Louise Smuts van Jeffreysbaai voorgestel.  Sy het alles gedeel wat waarskynlik nie tot die denke van ‘n nuut gediagnoseerde pasiënt deurdring nie. Hoe sal `n mens nou sê………… as jy nie daar is nie, dan sal jy nie weet nie.

 

???????????????????????????????

Anlouise stel vir Phia van Tonder, `n sielkundige van Grahamstad voor. Phia deel die impak van die nuus op `n vrou, sou sy gediagnoseer word met borskanker. Sy vertel watter gemoedstemmings en emosionele slaggate daar is, wat om daarmee te doen en hoe om jouself positief in te stel.

Dis `n voorreg om die kans te kry om ook vir hierdie organisasie by te staan om hul fondse te versterk. Almal teenwoordig kuier gesellig saam en geniet die tee en verversings wat voorgesit was.

Post a comment

thirteen − 7 =