Teater besoek

 

Teater besoek

Posted by VLV in Wellington Tak 16 Oct 2014

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Kuns & Handvlyt

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum van gebeurlikheid: 16 Oktober  2014

 

 

wellington

 

 

Al ooit gehoor van die Bôrdienghuis by die Breytenbach Sentrum op Wellington? Ja die dorp het  ook kultuur en hope talent is in die tak. Om die skone kunste te bevorder is daar “opge-dress” vir die teater en die oggend het ons welkom geroep met die heerlike Imbuko Spumante reeks onder die lente bome.

 

 

Elsabé du Plessis open met  “Laat U wil geskied in hierdie besige tye van selfone, whatts   app, BB, Facebook en emails”.Ons moenie vergeet waarvan dit vandaan kom nie, al is dit hoe besig, is HY altyd daar .

Jandré kom verryk die dames met sy stem deur John Denver se “Annie’s Song” en “Neem my lewe te sing”. Sjoe, en het dit die dames nie laat dink nie?

 

 

Tussen deur word die hande uitgesteek na die bakkies “popcorn” op die helderkleurige tafels (nes in die fliek ,moet daar springmielies wees vir die vertoning).

 

 

wellington2

 

 

Elsabé doen ‘n voorlesing van “Jy bly my kind” wat menigte na ‘n snesie laat gryp en niet is dit die einde. Amelia Jacobs en Dawn Greyling voer hul pittige spel op wat handel oor twee dames wat ontmoet oor koffie en een is laat as gevolg van die alledaagse gejaag  en die ander vertel ‘n storie oor ‘n ou wat deur die venster moes in. Dit is hier waar die lagspiere geprikkel word.

 

 

wellington3

 

 

Om alles te kroon word almal bedien deur ”boks-verkopers” met heerlike happies uit die boksies wat om die nekke hang van die Kuns & Handvlyt span. Dit was voorwaar ‘n oggend vol Sterre en Talent en kom dit aan die lig dat Susan Hodgson 3de plek met haar “granny Square “ kussing by Intertak op Malmesbury verwerf het. Al het Wellington se ander inskrywings nie so ver gevorder, bly die harte gevul met talent en liefde vir ons Kuns & kutuur. Die dames strewe ook om vlytig te wees in die kombuis en met naald en breipen.

 

 

 

wellington1

Post a comment

4 × 1 =