Tarkastad groet 2009

 

Tarkastad groet 2009

Posted by VLV in News, Tarkastad Tak 03 Dec 2009

Ronell Herselman het nuus gestuur oor Tarkastad se afsluiting.

 

Die afsluitingsvergadering is gehou by Mimsie van Heerden op die plaas. Die lede het lekker saam gekuier en Kersliedere gesing in Afrikaans en Engels, onder begeleiding van Dalena Smit.

 

Sonna Kitching het ‘n praatjie gegee oor die toedraai van geskenke op ‘n ekonomiese manier. 

Emma Botha (45 jaar) en Mimsie van Heerden (50 jaar) het hul
kentekens ontvang, asook erelidmaatskap gekry van Tarkastad tak.

Lede wat verskeie toekennings ontvang het:
Voor: Kotie Bouwer, middel: Sonna Kitching, Emma Botha, Helena van Schalkwyk, Mimsie van Heerden, May Owen en agter: Dalena Smit

Suster Susanne Bekker van Tarkastad Kliniek het ‘n praatjie gelewer oor dieet en dieetpille.

Post a comment

two × five =