Tannie Poppie besoek Mosselbaai

 

Tannie Poppie besoek Mosselbaai

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 10 Mar 2014

Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Dania van der Walt

Datum: 9 Maart 2014

Tydens die onlangse Proe Mosselbaai kosfees het ‘n aantal lede van Voëlvlei tak ‘n kosdemonstrasie bygewoon by die Stoepsit Restaurant naby Vleesbaai.

 

Rika de Villiers en Christine Beytell.

LNR agter: Christa Zietsman, Elize Locke (voorsitster) Rika de Villiers en Ina van Zyl, voor: tannie Poppie en Christine Beytell.

 

Tannie Poppie Coetzer, alom bekend na haar deelname aan die Kokkedore koskompetisie, is ‘n inwoner van Kriel in Mpumalanga en  is  bereid om dwarsdeur die land te reis om kosdemonstrasies te doen en dit was ‘n groot voorreg vir die lede om die geleentheid by te woon. Ten spyte van die feit dat sy nie ‘n wenner by die Kokkedore kompetisie was nie, het sy ‘n kookboekkontrak gekry en die boek behoort teen Moedersdag  (11 Mei) beskikbaar te wees.

 

Die uithaler geregte (al die geregte is voorberei op ‘n oop vuur) wat sy by die geleentheid demonstreer het was:

Voorgereg: gerookte mossels toegedraai in spek met Haloumi kaas

Hoofgereg: skaapvleis met uie gaargemaak in Balsamiese asyn en soetwyn en gegeur met Ansjovisfilette – geen sout of peper bygevoeg nie

Nagereg: plaatkoekies met bessie-compote bedien met Mascarpone

Post a comment

fifteen − 2 =