Tandesorg word bespreek

 

Tandesorg word bespreek

Posted by VLV in News, Velddrif Tak 15 Feb 2018

Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Gesondheid.

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum van gebeurlikheid: 14 Februarie 2018

 

 

Lede van die VLV is almal geklee in wit en rooi vir Valentynsdag. Ons spreker was dr Etienne Raubenheimer, die tandarts op die dorp. Hy het vir elke lid ‘n sakkie met sjokolade en ‘n klein tandepasta gegee met ‘n teksie daarop: “Ek is lief vir jou geskiendenis” Hy is waarlik lief vir elke pasiënt en hy hanteer elkeen met groot sorg omdat hy weet dit is nie ‘n aangename ondervinding om die tandarts te besoek nie.

 

 

Hy vertel van Protolaks. Dit is medikasie, antibiotika, vir bakteriële infeksie, wat pasiënte wat rumatiekkoors gehad het of enige ander genetiese siekte – harttoestande, jig, HIV-pasiënte en persone met prostese ‘n uur voor die afspraak moet gebruik. As dit nagelaat word, kan jou hartspier aangetas word.

 

 

Hy benadruk dit ook dat ‘n kursus antibiotika altyd heeltemal opgebruik moet word. Dit word gewoonlik vir 5 dae voorgeskryf. Die weerstandigheid teen antibiotika maak dat dit al hoe minder voorsgeskryf word.

 

 

Wanneer ‘n pasiënt Waferin gebruik, moet hy dit 3 dae voor die afspraak staak, anders kan hy in die hospitaal beland.

 

 

Tandepasta moet altyd floried bevat.

 

 

Nou is almal weer tandbestand en het die vergadering baie insiggewend gevind.

 

Die Spreker dr Raubenheimer

 

 

Gaste en lede is geklee in rooi en wit vir Valentynsdag

 

 

Geskenkpakkie vir elke persoon.

 

Post a comment