Takbestuur 1981

 

Takbestuur 1981

Posted by VLV in Hofmeyr Tak, News 15 May 2014

Sirkel: Cradock

Tak: Hofmeyr

Beriggewer: Teresa Opperman

Datum: 15 Mei 2014

ROSALIE MANLEY is gelukkig ‘n groot voorstander van die bewaring van kosbare dokumente. Sy het ons tydens ‘n bestuursvergadering verras met ‘n foto van die VLV-bestuur van 1981.

 

Die volgende byskrif was by die foto aangeheg:

Die Bestuur van die VLV-tak Hofmeyr, wat gesorg het vir ‘n jaar vol hoogtepunte (1981): ‘n Mini-skou, ‘n besoek aan die Komani hospitaal vir sielsiekes te Queenstown, die kongres by Oudtshoorn en besoeke aan verskeie fabrieke in Johannesburg.  Elke lid het verlede jaar ‘n onbekende vriendin gehad wat veel vreugde verskaf het.  Die jaar is afgesluit met ‘n gesellige vleisbraaiery op die plaas van die President.  Drie van die komiteelede het intussen bedank, maar bly nog as VLV-lede aan.  Die bestuur wat vir ‘n mooi 1981 gesorg het, is agter v.l.n.r:  Mevv Madri du Plessis (sekretaresse), Mary van der Linde, Genny Clarke (president), Anne Bekker, Yvonne Froehlich en Retha Smit.  In die middel is Mevv Rosalie Manley, (tesouriere), Hermie Lombard, Miemie Louw en Enid Roodt.  Voor sit Mev Elize Smit en Rina du Plessis.

 

Hierdie foto het verskyn in die Maart 1982 Huis & Haard en is ingestuur deur die sekretaresse Mev Madri du Plessis.

Post a comment

two + sixteen =