Sy’t die pen opgeneem. . .

 

Sy’t die pen opgeneem. . .

Posted by VLV in News, Paarl Aandtak 16 May 2014

Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 15 Mei 2014

 

Marianne Collen, skryfster van Stilbaai, is die spreker op Paarl Aandtak se Kunste en Handvlyt-vergadering in Mei.

 

Marianne het eers vir gestremdes skoolgehou, maar altyd ‘n passie vir kosmaak en skryf gehad. Sy het begin briewe skryf vir tydskrifte en toe sy sukses daarmee behaal, het sy ook haar hand aan ander skryfwerk gewaag. Nou het sy al verskeie pryse gewen en van haar skryfwerk is in bloemlesings opgeneem. Tans skryf sy ook vir skoolboeke.

 

Na haar aftrede op Stilbaai het sy ‘n skryfkring begin. Hulle vergader maandeliks. Elkeen skryf iets oor ‘n spesifieke onderwerp en lees dit voor. Sprekers word ook genooi. Die skryfkring het ook al ‘n paar publikasies die lig laat sien. Enkele van die publikasies waarby Marianne betrokke was, is: ‘n Heildronk op die HantamSonvangers, Onder een hoed, Die walvisstories.

Agter v.l.n.r.: Hetta van der Merwe (voors.), Mimmie Malherbe, Pat Timothy, Lennie Henderson, Petro Boshoff (sameroeper). Voor v.l.n.r.: Elsabé Edwards (gas), Marianne Collen (spreker), Daleen de Jager.

Agter v.l.n.r.: Hetta van der Merwe (voors.), Mimmie Malherbe, Pat Timothy, Lennie Henderson, Petro Boshoff (sameroeper).
Voor v.l.n.r.: Elsabé Edwards (gas), Marianne Collen (spreker), Daleen de Jager.

Post a comment

2 − 1 =