Susters in Gansbaai

 

Susters in Gansbaai

Posted by VLV in Gansbaai Tak, News 05 Apr 2015

 Sirkel:  Overberg

Tak:  Gansbaai

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:   Rienie Lüdick

Datum:  5 April 2015

 

 

Konferensie is agter die rug en nou beplan die lede vorentoe vir die res van die jaar. Kan nie glo dat die tak die 5de maand betreë van 2015 nie.

 

P1100802 (Custom)

 

Die April Gesondheidsvergardering, onder leiding van Betsie Bester en haar gasvrouens, was ‘n baie interessante middag  saam met Suster Johanna,  ‘n ou inwoner en een van VLV Gansbaai se  stigterslede. Sy was in 1962 die enigste mediese personeel  wat Gansbaai bedien het. Sy het die lede ingelig oor hoe sy mediese dienste toegepas het met die minimum toerusting en hoe sy moes  staat maak op ou boererate. Daar was verskeie staaltjies wat almal aan die lag gehad het. Baie dankie Suster Johannna. Die dames het ook vir Suster Dorethea van die Gansbaai Kliniek gehad wat hulle kom toespreek het oor die werksaamhede van die kliniek. Baie dankie aan haar ook. Beide van die gaste het gesorg dat almal ‘n heerlike middag saam kon deur bring.

 

P1100804 (Custom)

 

Daar is ook Konferensie bekers uitgegee aan Marianna Van Rensburg en Ronel de Villiers. Baie geluk aan Betsie Bester vir haar naaldwerk inskrywing wat 1ste prys op Konferensie behaal het en wat in Augustus Kongres toe gaan. Betsie is een van die staatmaker lede, wat in omtrent al die kompetisies deelneem. Sy het ook bygedra tot die punte vir die Konsul trofeë.

 

Die 5de Mei  Kuns en Kultuurvergadering onder leiding van Ronel de Villiers is iets om na uit te sien. Daar gaan ‘n demonstrasie wees oor die maak van blomme uit eierhouers. Nie lede is baie welkom om die vergadering by te woon. Skakel vir Rienie vir meer inligting by 028 38 41170.

 

Op 2 Junie, om 19:00 in die Pretoriussaal, word die baie gewilde Internationale aand aangebied met weereens uitstaande voorgeregte, hoofgeregte en nageregte van 6 lande. Kom ondersteun hulle gerus, R75 pp bespreking noodsaaklik. Esme Van Dewenter kan gekontak word op 028 3880776 Bespreek vroegtydig, daar is altyd ‘n stormloop vir kaartjies.

 

Die tak rig weereens ‘n uitnodiging aan jonk en oud om deel te word van VLV Gansbaai. Kom kuier gerus een middag by hulle en kom geniet die gasvryheid.

 

 

Post a comment

10 + eight =