Suksesvolle Kleinboer spreek VLV toe

 

Suksesvolle Kleinboer spreek VLV toe

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 15 Jun 2019

Sirkel: Namakwaland

Tak: Vredendal

Portefeulje: Landbou En Tuinbou

Beriggewer: Sophie Malan

Datum: 11 April 2019

 

Tydens die VLV se maandvergadering het ‘n plaaslike kleinboer, Neels Julie die vroue toegespreek.

 

Hy is ‘n seun van Upington, sy ma was ‘n huiswerker, maar hy het met harde werk en die aangryp van elke geleentheid wat na sy kant toe gekom het, ‘n sukses van sy lewe gemaak.  Hy het net tot graad 8 skoolgegaan, maar het later die geleentheid gekry om homself as verpleër te bekwaam en het lank in ‘n hospitaal gewerk. Nadat  hy homself en sy gesin in Vredendal  gevestig het,  het  hy die kans gekry om deel te word van ‘n kleinboere-projek wat deur die Munisipaliteit geloods  is.  Die projek was nie ‘n sukses nie, omdat die ander deelnemers nie besef het dat ‘n boerdery  baie en harde werk verg nie.

 

Neels het egter deurgedruk en met die samewerking van die Munisipaliteit kon hy later die grond koop.  In  2013 oes  hy een en ‘n kwart ton druiwe.  In 2015 oes hy 8 ton, die wynmaker by die kelder gebruik sy druiwe en die wyn het op ‘n nasionale skou goud verower.  Teen 2017 oes hy 30 ton druiwe.  Die grond waarop Neels boer, lê net oorkant die kanaal  by die ou vliegveld.  Hy kry nog departementele steun vir die aankoop van 2,5 hektaar grond en implemente.  Behalwe  sy wingerd hou hy ook ‘n paar varke en skape aan.

 

Neels, wat ook ‘n pastoor is, skryf sy sukses toe aan harde werk, nederigheid, respek vir ander mense en die bereidwilligheid om te leer. Hy weet nie of ‘n saamboerdery  kan slaag nie, want daar moet een persoon wees wat verantwoordelikheid aanvaar  Hy  glo ook  nie dat God slegte mense maak nie.

 

KANSA:  Die takprojek van  2019, die gehekelde kombers, word aan
Suster Karlien Wessels van KANSA  oorhandig. Die lede wat baie  hard aan  die  blokke gehekel het was Sanet Ras,  Dalene Hein,  Aletta Nel en Christa Pretorius.

 

Suster Karlien Wessels van KANSA, Sanet Ras, Christa Pretorius en Dalene Hein

 

 

 

 

Uitstalling van Paasfees

 

Post a comment