Suider Paarl besoek Babylonstoren

 

Suider Paarl besoek Babylonstoren

Posted by VLV in Suider-Paarl Tak 08 Oct 2014

Sirkel: Paarl

Tak:     Suider Paarl

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Gonny du Plessis

Datum:   8 Oktober 2014
 

 
Lede van die tak het ‘n besoek gebring aan die pragtige plaas Babylonstoren naby die Paarl.
Die lede het spesiaal gegaan om die magdom van Clivia’s teen die rivierloop op die plaas te gaan besigtig.
Die lede was ‘n bietjie laat om die hele skouspel te sien omrede die Clivia’s vanjaar ‘n biejie vroeër was as ander jare.

 

 

suider paarl

 

 
Daar is in die begin ‘n 2000 Clivias aangeplant maar het in tussen vermeerder na plate en plate plante van verskillende kleure.  Aan die einde van die wandelpad is daar ‘n staal boog waardeur die lede gestap het waar die verskillende soorte in potte uitgestal is met name by.

 

 

suider paarl2

 

 

Na ‘n heerlike wandeling op die koel oggend was ‘n koppie tee en botterbroodjie in die “The Glass House” ‘n aangename verkwikking. Daarna het die lede op hule eie tyd verder deur die pragtige tuine gedwaal.

 

 

 
suider paarl1

Post a comment

nine + one =