Stryd teen dwelms

 

Stryd teen dwelms

Posted by VLV in Despatch Tak, News 01 Nov 2018

 

Sirkel: Middelland

Tak: Despatch

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Judy Bubb Vermaak

Datum: 30 Augustus 2018

 

Ons het ‘n vergadering gehou op 30 Augustus 2018 i.v.m. Dwelmgebruik, wat ‘n groot kommer is onder ons gemeenskap se mense.  Skole en instansies is genooi om na ons spreker, Moja Britz, te kom luister.

 

Moja Britz is ‘n Maatskaplike werker wat voorheen betrokke was by S.A.N.C.A wat ontbind is.  Sy was ook betrokke by Childline.  Sy is ‘n kenner op die gebied van dwelmgebruik en kinderbeskerming.  Sy werk met verslaafdes en bied ook terapie aan ouer en kind.  Sy het menige toesprake gehou in kerke, skole, radio stasies en ook S.A.N.C.A verteenwoordig in hooggeregshof sake, asook studente opgelei in haar veld.

 

Sy verduidelik hoe dit geïdentifiseer word asook hoe om hulp te kry.

 

Haar werk is haar passie, haar passie is kinders en mense en haar liefde vir God.

 

Sy is ook moeder en ouma en is lief vir lees, het gedigte en kinderstories geskryf (ongepubliseerd) spesiaal vir seksueel gemolesteerde kinders met die doel om hoop te bring aan hulle.

 

Kol F de Jager het ook ‘n uitstalling gehad van al die verskillende dwelms waarmee SAPS te doene kry.  Hy het ook aan ons genoem dat dwelmmisbruik na inbraak en kinderstelery, een van die moeilikste misdrywe is om te bekamp. Met nuwe wetgewing aan die orde van die dag raak dit ‘n onbegonne taak.

 

JC Alberts, een van ons lede se seun, het getuienis gelewer oor wat dwelms aan sy lewe en almal om hom gedoen het. Hy het vertel deur watter hel hy is vir 5 jaar tydens hy dwelms gebruik het.  Het vertel van sy verwerping in sy lewe.  Dat hy altyd alles beter moes doen as ander.  Dat hy geseën is met goeie talent in sport en dat hy altyd die beste wou wees. Toe dit nie meer genoeg was nie, het hy op die strate geleef en hy getuig dat om die regte pad te stap baie moeiliker is as om op straat te wees.  Hy deel n gedeelte van sy lewe met ons.  Hy is nou skoon deur die genade van God, maar elke dag is nog ‘n stryd vir hom.

 

Moja Britz en Juby Bubb Vermaak

 

JC Alberts

 

Kol Flippie de Jager

 

Post a comment