Stresvrye vergadering

 

Stresvrye vergadering

Posted by VLV in Citrusdal Tak, News 14 May 2014

Sirkel: Weskus

Tak: Citrusdal

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Jolien Mouton

Datum: 14 Mei 2014

Tydens ons Gesondheidsvergadering het Estelle du Plessis, sirkelpresident van die Weskus, ons kom besoek.  Estelle steek ook vir ons, ons verjaarsdagkers aan om ons tak se 83ste verjaarsdag wat op 8 Mei was, te vier.

Twee leerlinge van Haasbekkie Kleuterskool, Nina van der Merwe en Bianche Douries, kom dra vir ons gediggies voor wat hul tydens die afgelope Eisteddfod voorgedra het.  Astrid Basson oorhandig aan hul elkeen ‘n geskenkie.

Ons spreker is Andre Kotze, ‘n Body-Stress-Release (Liggaamstresontlading) praktisyn.  Andre het in 2013 ‘n 5 maande lange kursus by Rondevlei naby Wildernis gevolg. Die kursus akkommodeer slegs 24 studente jaarliks.  Daar is in 17 lande regoor die wêreld BSR-praktisyns. Liggaamstresontlading is ‘n baie ligte tegniek wat die liggaam help om van opgeboude liggaamstres ontslae te raak.  Stres wat manifesteer in rug- en nekpyn, hoofpyn, swak postuur, moegheid, gewrigspyn en hardlywigheid.  Andre demonstreer vir ons op Maria Mouton, ‘n gas by ons vergadering, hoe sy te werk gaan op pasiënte.

Sarel Eloff, ‘n berader van ons dorp het ‘n koeponprojek begin waar koepons teen R15, R30 en R50 gekoop kan word en dan aan bedelaars van ons dorp i.p.v. geld oorhandig kan word.  Die koepon word by Sarel geruil vir blikkies kos en sop. Ons tak het blikkies kos en sop onder ons lede ingesamel en dit word oorhandig aan Sarel.

Ons sluit die vergadering af met ‘n verjaarsdag kolwyntjiegebak deur een van ons lede, Minette du Toit. Ons nuwe voorsitter Annette Neethling, Estelle du Plessis en Marianne van der Merwe poseer vir ‘n foto saam met die verjaarsdagkoek.

 

Post a comment

7 − 2 =