Strand sluit af

 

Strand sluit af

Posted by VLV in Strand Tak 18 Nov 2014

Sirkel:  Kaapstad

Tak:  Strand

Portefeulje:  Afsluiting en prysuitdeling

Beriggewer:  Annemarie Skibbe

Datum:  18 November 2014

 

 

Met die jaarlikse prysuitdelings vergadering word daar erkenning  gegee aan almal wat deur die jaar hard gewerk het.   Daar word jaar knopies toegeken,  dankie gesê en lief en leed gedeel waarna die dames heerlik ontspan en uitrus vir die volgende jaar se bedrywighede.

 

 

By hierdie vergadering het Arvida Lincoln, 97 jaar oud,  haar 70 jaar knopie ontvang.  Wat ‘n wonderlike prestasie.  Sy het deur die jare meer as haar kant gebring en is ook een van drie erelede van die tak.

 

 

Strand

 

 

Berna van Heerden is nie vêr agter op hierdie pylvak nie en het haar 65 jaar knopie ontvang.

 

 

Strand1

 

 

Die algehele wenner,  die lid met die meeste algehele punte,  is Tollie de Villiers.   Sy is egter ongesteld en het haar man, Hekkie de Villiers, die trofee namens haar ontvang.  Die trofee is geskenk deur Erna de Waal.

Post a comment

3 − one =