Strand bring vreugde by Beroertegroep

 

Strand bring vreugde by Beroertegroep

Posted by VLV in News, Strand Tak 01 Dec 2017

Sirkel:  Kaapstad

Tak:  Strand

Beriggewer:  Erna de Waal

Datum:  30 November 2017

 

 

VLVK Projek: Gemeenskapsbetrokkenheid – Besoek aan Sir Lowry’s Pas Informele Nedersetting se Beroerte Groep

 

Strand Tak het die Helderberg Stroke Support Group geïdentifiseer as ‘n prioriteit om by betrokke te raak.  Hierdie groep mense het almal reeds ‘n beroerte aanval gehad en sommiges kan min of niks vir hulleself doen.

 

Strand Tak se lede het Christelike leesstof en klein geskenkies geskenk om hierdie mans en vrouens te bemoedig asook om die boodskap van Kersfees uit te dra. Strand Tak se Voorsitter, Leta du Preez, en drie dames het dit aan hulle uitgedeel.

 

‘n Fisioterapeut, Marian Engelbrecht, besoek die groep weekliks sodat hulle die nodige en korrekte oefeninge saam met haar doen. ‘n Afgetrede verpleegsuster, Suster Jacki van Staden,  besoek hulle ook op dieselfde dag om hulle bloeddruk te neem en op te teken asook bloedsuiker toetse te doen. Die fisioterapeut, asook die verpleegsuster word deur die Departement van Sosiale Ontwikkeling aangestel.

 

Die dag is afgerond met verversings wat Strand Tak saamgeneem het en heerlike koeldrank. So ‘n dag bring mens diep onder die indruk van die nood en armoede in hierdie gemeenskap en dit was opvallend hoe groot en eg hulle dankbaarheid is.

 

 

Hester Louw, Leta du Preez (Voorsitter), Hester Jordaan en Marian Engelbrecht (Fisioterapeut).  Sittende:  Drie inwoners wat baie ingenome was met hul geskenkies.

 

Die vrolike dames ontvang hulle geskenkies van ewe vrolike Hester Jordaan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hester Louw verduidelik waaroor die pragtige geestelike boek gaan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hierdie oulike dogtertjie, wat saam met haar ouma was, kon skaars haar geluk glo toe sy ook ‘n Kersgeskenkie van Leta du Preez ontvang het.

 

 

 

 

 

 

 

 

Suster Jacki van Staden (regs) besig om haar takies te verrig.  Agter staan Leta du Preez (Voorsitter).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Baie gelukkige klein seuntjie, wat onder die sorg van sy ouma is, wat al baie terugslae beleef het, probeer hard om ‘n glimlag te wys.  Hester Louw en Hester Jordaan het die aangename takie verrig.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Emma, een van die Beroerte Groep, het die VLV lede van Strand Tak in ‘n mooi toesprakie baie hartlik bedank vir hul omgee, meelewing, geskenkies en liefde.

 

 

 

Hester Jordaan en Hester Louw in gesellige luim terwyl die dag met verversings afgesluit is.

 

Post a comment

fifteen − 12 =