Strand bied Konferensie aan

 

Strand bied Konferensie aan

Posted by VLV in News, Strand Tak 04 Mar 2015

Sirkel:  Kaapstad

Tak:  Strand

Portefeulje:  Konferensie

Beriggewer:  Annemarie Skibbe

Datum:  4 Februarie 2015

 

strand7 (Custom)

 

 

VLV Strand het die Sirkelkonferensie op 4 Februarie 2015 aangebied.   Almal was in rep en roer en die Voorsitter,  Maretha Badenhorst, het ongesteld geraak, maar omdat sy alles vooraf gereël het kon sy die leisels aan Leta du Preez oorgee en het die wiele goed geolie geloop.

 

 

strand3 (Custom)

 

 

Elkeen het sy pligte nagekom en saam met die ander takke die Konferensie geniet.  Mev. Rina Kotze het weereens bewys waarom sy  eenparig verkies is vir nog ‘n termyn.   Al die verrigtinge is foutloos afgehandel en die dames kan terug kyk op ‘n baie geslaagde Konferensie.

 

 

Die items deur Alida Kruger en Leana Lourens het baie byval gevind asook die Demonstrasies deur Benbel en Deeghuis.

 

 

Strand tak het weereens bewys dat hulle baie ywerige en bekwame lede in hul midde het en het die volgende bekers en trofeë gewen:

 

 

strand (Custom)                             strand2 (Custom)

 

Tak met grootste ledetalgroei – Deel met Milnerton

Tak met beste bywoning

KOMPETISIES:

 

LEEFSTYL – GEBAK:  (5)

Gebak:  Annaleze Sieberhagen

Gisgebak:  Annaleze Sieberhagen

Preservering:  Annaleze Sieberhagen

Lekkers:  Annaleze Sieberhagen

Tak met Hoogste Totaal

 

LEEFSTYL – NAALDWERK: (4)

Breiwerk: Rina Grobler

Borduurwerk:  Marie Bester

Wisseltrofee:  Annette Stander

Tak met 2de Hoogste Totaal

 

LANDBOU EN TUINBOU: (1)

Varing:  Adéle Burger

 

KUNS EN HANDVLYT: (5)

Woordkuns:  Irene Myburgh

Handvlyt: Pewter.  Annemarie Skibbe

Fotografie:  Leta du Preez

Skilderkuns:  Wilhelmien le Roux

 

Tak met Hoogste Totaal

Beste artikel by konferensie:  Foto – Leta

Beste naaldwerkartikel by konferensie:  Annette Stander & Rina Grobler

TOTAAL:  19

Post a comment

2 × five =