Storm in a G-Cup

 

Storm in a G-Cup

Posted by VLV in Brackenfell Tak, News 02 Mar 2018

Sirkel:   Tygerberg

Tak:   Brackenfell

Portefeulje:   Leefstyl

Beriggewer:   Lettie Van Wyk

Datum:   1 Maart 2018

 

Brackenfell-tak het besoek ontvang van Carla van STORM IN A G-CUP.   Sy het vir ons kom vertel presies hoe belangrik die regte onderklere is.   STORM IN A G-CUP is geleë in Oxfordstraat, Durbanville en hulle help graag hul kliënte om die regte passing te doen vir hul bra’s of buustelyfies, soos dit vroeër bekend gestaan het.   Anders as wat ons sou verwag, is hul verkoopsdames opgelei om met die oë te meet en nie met ‘n maatband nie.

 

Die agterkant van ‘n bra is baie belangrik en rek eerste uit.   Dan begin dit voor afsak.   As jy ‘n nuwe bra koop, begin dit altyd by die eerste hakie vasmaak en verstewig dit mettertyd totdat die derde hakie gebruik word.   ‘n Diens wat deur STORM IN A G-CUP gelewer word, is dat hulle tot driemaal gratis verstellings kan doen as die bra by hulle gekoop is.   As die bors uitval, is die agterband te los.   Dit moet lekker stewig  ondersteuning gee.   Die skouerbandjie is alleenlik net daar om jou bra in plek te hou en jou hand moet gemaklik onderdeur die band kan beweeg.

 

Daar is drie dinge om te onthou:   1.  Die agterkant moet ferm wees.   2.  Die koppies moet plat wees.     3.  Die skouerband moet nie afgly nie.

 

Daar is ‘n verskeidenheid bra’s sonder bandjies beskikbaar maar as jy steeds ‘n bandjie wil dra by ‘n skouerlose kledingstuk, is daar ook silikoon-bandjies wat deurskynend is, beskikbaar.

 

Die stukkie plastiekstrokies wat aan die kante van sommige bra’s is, is eintlik nutteloos en kan maar uitgehaal word as dit jou pla.

 

STORM IN A G-CUP se pryse wissel van bekostigbaar tot baie duur vir die ingevoerde bra’s.

 

Daar is ook swembroeke beskikbaar wat ook aangepas kan word by jou figuur.   Carla maan dat ‘n swart swembroek die slegste kleur is want dit skep nie lyne nie.   Hulle maak voorsiening vir alle ouderdomme.   Onthou dat ‘n swembroek redelik styf moet sit, sodat as dit rek, dit nie sal afgly en jou in die skande steek nie.

 

Die voorsitterstafel was pragtig versier om die tema te weerspieël, asook die teetafel wat gekreun het onder  die heerlike eetgoed.

 

Baie dankie aan Bettie Döckel, sameroeper van Leefstyl, en haar gasvroue, vir ‘n genoeglike oggend!

 

Tema word deurgegee na teetafel

 

Carla ontvang haar potplant van Bettie

 

Elba van der Merwe en Riana Ellis

 

Teetafel is pragtig versier

 

 

  • Elizabeth Dockel March 12, 2018 at 8:14 am / Reply

    Baie dankie Lettie!

Post a comment

two + fifteen =