Storieverteller word vereer

 

Storieverteller word vereer

Posted by VLV in Kleinmond Tak, News 26 Nov 2018

Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Datum: 23 November 2018

 

Vlv-Kleinmond gee toekenning aan storieman, Jean Du Toit.

 

Die bekende storieverteller, Jean du Toit, is op Vrydag, 23 November 2018, deur die VLV-tak van Kleinmond vereer vir die voetspore wat hy in Kleinmond trap. Die plegtigheid het tydens die tak se afsluitingsontbyt by die Harbour Corner-restaurant plaasgevind. Meer as 70 lede en gaste wat die sirkelpresident, Rienie Ludick, en sirkelsekretaresse, Annatjie Liebenberg, Ilna Grobler van Overstrand Herald, van die taklede se eggenotes en die tak se beoordelaars ingesluit het, het die ontspanne strandatmosfeer van die restaurant en heerlike ontbyt terdeë geniet.

 

In haar motiveringstoespraak het voorsitter Cecile Jonkheid die oorhandiging van die sertifikaat aan Jean du Toit gekoppel aan die VLVK-tema vir 2019 “Laat ‘n Voetspoor”. Hy laat ‘n blywende voetspoor in Kleinmond agter met die onlangse publikasie van sy boek “Kleinmond se storie” en die wyse waarop hy in die plaaslike pers die geskiedenis van Kleinmond oopskryf. In sy rubriek “Oom Sakkie se wooi” vertel hy “ware, mooi” stories van Kleinmond uit die dae toe dit nog ongerep en ‘n predikantstrand was met só baie predikantsgesinne wat hier kom aftree het en steeds bande met Kleinmond het. In antwoord het Du Toit op sy gewone spitsvondige manier die VLV bedank vir die erkenning en ook dank betuig aan die mense op sy pad wat met vertellings wat opgeteken en bewaar gebly het, help skryf het aan die boek. Hy spoor die gehoor aan om elkeen sy of haar familiegeskiedenis, stories en gebeurtenisse op te teken sodat dit nie verlore gaan nie.

 

Eregaste Rienie Ludick (Overbergse sirkelpresident) en haar man Hannes het klaar geskep.

 

Annatjie Liebenberg (sirkelsekr/tes, heel regs) kuier lekker saam met Nelie Ungerer, Isabel du Plessis en Frederick en Hermien van Zyl.

 

 

 Alet Fourie se man Wessel vang gees met die skeepstema van die geleentheid.

 

Só ook Johan de Clerk, Ruanda de Clerk (taksekretaresse) se man. Hier in die geselskap van Anne Meershoek (agter) en Brenda Neethling (regs)

 

Essie Groenewald (links) en Susan Marais – beide 80+ – weet hoe beskerm ‘n vrou haar teen die son.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ilna Grobler van die Overstrand Herald is bedank vir die lekker samewerking met VLV.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

     

Cecile Jonkheid (links) oorhandig die toekenning (foto 9) aan Jean du Toit. Regs staan Hettie du Toit.

Post a comment

20 − sixteen =