Storie van wol

 

Storie van wol

Posted by VLV in News, Slot-van-die-Paarl 05 Mar 2014

Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl  

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 4 Maart 2014

Brei en wol is nou weer so hoog in die mode dat ons saamroeper, Susie Spies, nie anders kon om iemand te kry om met die lede daaroor te praat nie, en dan nogal ‘n aantreklike jongman!

Abraham Landman, ‘n NWKV adviseur wat by die Wolkwekersvereniging werk, het die lede se aandag gehad met sy Storie van wol.

 

1.Storie van wol – Wanneer ons ‘n skaap sien, sien ons net chops! Die inkomste is egter 70% uit vleis en 30% uit wol. Baie van die wol in rouvorm word uitgevoer na China, Indië en Tsjeggië toe. Suid Afrika lewer maar 2% van die wêreldproduksie. Die plaaslike kwaliteit en klassering is egter baie goed. Klassering hang af van hoe lank die wol is, die kartel in die wol en die kleur. Die eindproduk bepaal ook watter klas wol jy gaan koop bv truie sal ‘n fyner dikte (minder mikron) as ‘n mat vereis. Die grootste opposisie van wol is katoen en kunsvesels.

 

2.Eienskappe van wol –

Wol isoleer teen hitte en koue.  

Wol is gesond.

Wol verdryf water.    

Wol is natuurlik elasties

Wol is vuurbestand (dit klou nie aan jou lyf as jy verbrand nie en brandweermanne dra dit onder hulle pakke).

Wol hou langer.    

Wol hou statiese elektrisiteit weg.

Wol isoleer geraas.    

Wol verdryf vuilheid.

Wol werk maklik.    

Wol kleur pragtig.

Wol is deftig en gemaklik.

 

3.Die WKV-Kongres begin op 18 April in Stellenbosch en die lede word uitgenooi na die opedag. Tydens die wolweek fokus die wolkwekersvereniging daarop om die industriële gebruike uit te brei bv argitekte te wys op die voordele om meer wol te gebruik in hulle bedryf. Omdat dit nie brand nie, is dit ‘n beter keuse vir matte en meubels; dit maak nie ‘n vlam of rook nie. Dit kan gebruik word in plafonne, in lugversorgingspype en houthuise se mure. Dit word gebruik in tennisballe, snoekertafel, klawers van ‘n klavier en die lanolin in room; die produk moet ten volle gebruik word om die meeste waarde daaruit te kry.

 

4.Die dekor-idees wat hy met ons deel d.m.v. ‘n oorhoofse projektor, slaan ons asems weg.

 

Sy slotsom is dat ons moet poog om wol te gebruik om ons tuiste in te rig/te skep en nooit die mense in die ‘tuiste’ vergeet nie!

 

Bokka Wagenaar (voorsitter), gasvroue Alice Swanepoel, Susie Spies en Fransie Cummings, Abraham en ons nuwe lid Louna Spies.

Post a comment

4 × four =