Stop the Bleed

 

Stop the Bleed

Posted by VLV in News, Volop Tak 28 Jul 2019

Sirkel:  Griekwaland-Wes

Tak:  Volop

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Poppie Howell

Datum:  27 Julie 2019

 

Volop doen “Stop Bleed” Kursus.

 

Stop Bleed is ‘n inisiatief wat deur die Withuis in Amerika vrygestel is na 9/11.  Die doel is om mense in alle sektore op grondvlak toe te rus met die nodige kennis om erge bloeding te stop om sodoende lewens te red.  Volop Tak het vir Christo Groenewaldt, ‘n paramedikus uit Bloemfontein laat kom om die kursus aan te bied.

 

Erge bloeding is bloeding wat vinnig en met fors uitspuit, lig in kleur is en ’n poel bloed van ongeveer ‘n halwe Coke blikkie om die beseerde is.  Toerusting soos Toernikette om are af te bind en verbande waarmee wonde gestop word, word gebruik om die kans om dood te bloei te stop.  Daar kan verskeie insidente voorkom op plase, soos skiet voorvalle, kettingsaag ongelukke, implemente wat amputasies kan veroorsaak en nog meer, waar hierdie kennis ‘n lewe kan red. Ons is ver afstande van mediese dienste af wat hierdie kennis noodsaak.

 

Dis baie belangrik om die regte toerusting te koop veral as dit by toernikette kom, daar is baie immitasies op die mark daarom moet mens by kredietwaardige verskaffer koop. Ons het vir ons sakkies by MEDDEV bestel wat al die toerusting van verbande, toerniket en bloedverdikkings poeiers in het.

 

Vlnr:  Iliska Jacobs, Nicolene Jacobs, Poppie Howell, Coenie Howell, Andries Burger, Samantha  Burger, Marina Reinecke, Ilze Coetzee.

 

Vlnr:  Samantha Burger, Marina Reinecke, Ilzé Coetzee, Maretha Nowers, Hanlie van Staden,  Christo Groenewaldt.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

MEDDEV noodsakkie

 

 

 

Post a comment