Stemprosedures

 

Stemprosedures

Posted by VLV in Mimosa Tak 18 Jun 2015

Sirkel: Kalahari

Tak:  Mimosa

Beriggewer: Nellie Viljoen

Saamroeper: Helmine Haasbroek

Datum:  18 Junie 2015

 

Tersia Grobler, President van Sirkel Kalahari, het Mimosa VLV besoek en lede aangemoedig om aandag aan verskillende studierigtings te skenk en nie net op sekeres te konsentreer nie.  Die studierigtings is omvattend en dek elke gebied van ons daaglikse lewe en kan die geleentheid bied vir moderne jong vroue om die VLV as platform te gebruik om sake van belang onder die regte instansie se aandag te bring. Erkende strukture en organisasies het groter onderhandelingsmag en kan meer druk uitoefen as individue.

 

 

Louwna Pretorius, DA raadslid, en Carien Visser, Da leier in Noordwes, het lede van die publiek en Vryburg VLV ingelig oor die plaaslike verkiesings in 2016.   Hul beklemtoon hoe belangrik dit is dat kiesers geregistreer en seker is dat hul name wel op kiesersrol is.  Hul wys lede daarop dat hulle plaaslike partyverteenwoordigers kan nader om veral op plase lede te help om hul werkers te registreer en te onderrig in stemprosedures.   Betrokkenheid en belangrikheid van ingeligte jeug word ook beklemtoon.  Hul meld ook dat agente en ICE beamptes benodig word om toesig te hou by stemlokale.

 

 

President sluitaf deur te sê dat VLV verantwoordelikheid het om lede verkiesing gereed te maak deur hul met kennis en inligting rakende verkiesingsprosedures en hul regte as kiesers te bemagtig.

 

 

Visser Haasbroek Pretorius Grobler copy

Carien Visser, DA leier in Noordwes, Helmine Haasbroek, saamroeper van die vergadering, Louwna Pretorius, DA raadslid vir Naledi in Vryburg, Tersia Grobler, Sirkel Kalahari President

 

 

 

Post a comment

fourteen − 3 =