Steeds sprankelend op 70

 

Steeds sprankelend op 70

Posted by VLV in Goodwood Tak, News 18 Apr 2018

Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 17 April 2018

 

 

Goodwood was bevoorreg om 70 wonderlike VLV-jare te vier!

 

 

Magdeleen Joubert het die saal feestelik versier.

 


Charlotte Huysamer het vir die smaaklike en stylvolle eetgoed gesorg.

 

 

 

Ds. van der Merwe van Goodwood NG Moedergemeente het  meer oor Goodwood se geskiedenis vertel en die gaste met      staaltjies uit die verlede vermaak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wenda Preuss (voorsitter) vertel die gaste meer van ons tak se geskiedenis.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kristel Loots was in haar element toe sy die gaste vermaak met haar humoristiese vertelling/voorlesing van ons hedendaagse vroue en alles wat rondom 70 draai. Op ons ouderdom moet ons net “knip en trim”,”polish en paint”  Hoe ouer ons word, hoe moeiliker word alles, en al wat oorbly is “smile en wave”.  Ouderdom is ook net belangrik as jy ‘n kaas is en waarom lieg ons altyd daaroor?  As jy lank genoeg vir
jouself oor jou ouderdom lieg, glo jy jouself.

 

Jou rug protesteer, boikot, staak.  “You ain’t what you used to be”. Ons word in ‘n boksie verpak en verseël en is ook nie meer geskik vir menslike gebruik nie. Ons is oud en “boring”, MAAR ons Baby Boomers “rock”!  Ons het maar almal ‘n klap van die windmeul weg! Sy reken dat, wanneer ‘n jong meisie verlief raak,  hulle dit kalwerliefde
noem, maar wanneer ‘n ouer vrou verlief raak, noem hulle dit malkoeisiekte.

 

Haar leuse is: Home is where the bra comes off.

 

 

 

 

 

Mev Ita van der Merwe, Sirkelpresident, dra ‘n groeteboodskap oor en stel die heildronk in.

  • Kristel Loots April 26, 2018 at 6:24 am / Reply

    Baie dankie vir `n feestelike ervaring. Groot bewondering vir die flukse VLV-dames.

Post a comment

three − one =