Staptog deur die Visrivier Canyon

 

Staptog deur die Visrivier Canyon

Posted by VLV in Moorreesburg, News 07 Aug 2014

Sirkel:  Weskus

Tak:  Moorreesburg

Beriggewer:  Martelize Britz

Datum:  6 Augustus 2014

 

Visrivier vir VLV 1 klein

 

Op 6 Augustus het 4 van ons lede kom gesels oor hulle staptog deur die Visrivier Canyon.  Hulle is Jolize van der Westhuyzen, Esther Crous, Wilma Kotze en Christi Bester.

Jolize het ons vertel wat alles in jou rugsak moet kom, bv. die regte stapskoene en wolsokkies en hoe  ligter die rugsak kan wees, hoe beter aangesien alles saamgedra moet word.  Jy benodig ook waterskoene vir wanneer jy die rivier moet oorsteek.  Om te slaap, ‘n plat, klein matrassie en die dunste, ligste, warmste slaapsak.  ‘n Grondseil teen die goggas, ‘n grafie vir wanneer die natuur roep en ‘n waslap i.p.v ‘n handdoek.  Plastiek eetgerei vir kos soos Provitas en driehoek kasies, 2min noodles, gedroogde groente en couscous.

Esther Crous demonstreer die hoenderhaan se kraai wat die opstaan “klok” was.

Wilma Kotze praat oor die roete wat ongeveer 95km is. Vier nagte en ses dae se stap.  Die eerste 2 dae is die terrein steil en rof wat die stap bemoeilik.  Die groep het uit 27 lede bestaan en kosbare vriendskappe is gesmee.  Die sterrehemel was pragtig en die almag van die Here is besef.

Visrivier 3 klein

 

Volgens Christi Bester het haar oom van 80 die groep gelei.  Hy was glo die fiksste onder hulle almal.  Sy sê die vooraf voorbereidings was vir haar die beste en sy moes ook vir die ander raad gee om te pak.

Die rivier is 24 keer oorgesteek en daar is onder die oop sterrehemel geslaap.

Ons haal ons hoed af vir die moed van hierdie dames, want dit klink nie maklik nie, dog ook opwindend en baie lekker.

Post a comment

five × three =