Spraak- en arbeidsterapie

 

Spraak- en arbeidsterapie

Posted by VLV in Hofmeyr Tak, News 25 Aug 2014

 

Sirkel:  Cradock

Tak:  Hofmeyr

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Teresa Opperman

Datum:  25 Augustus 2014

 

 

 

Gesondheid

 

 

Aangesien sameroepster van gesondheid, Karenza Fourie,  nie teenwoordig kon wees nie,  het die voorsitter, Dadda de Jager, die vergadering hanteer.  Sy het twee spraakterapeute, Keegan van Niekerk en Anchen Pienaar,  asook ‘n arbeidsterapeut, Minischa Bana, genooi om die lede toe te spreek.Minischa is tans besig met haar Zuma jaar as arbeidsterapeut by Cradock Hospitaal.

 

 

Hulle behandel beroerte- en amputasie-pasiënte en probeer sodoende om die pasiënte hul onafhanklikheid terug te gee.  Selfsorg is die eerste prioriteit.  Hul leer die pasiënte tegnieke om hulself onder bykans alle omstandighede te help.

 

Kinders met ontwikkelingsagterstande, fetale alkohol sindroom en outisme kry aandag sowel as pasiënte met Down- sindroom.  Daar word veral gekyk na die groot-  en klein motoriese bedrewenheid.   Ander probleme wat ook gereeld deur arbeidsterapeute hanteer word, is psigologies van aard soos bv. bi-polêre depressie, streshantering, asook breinbeserings.

 

Anchen Pienaar het as spraakterapeut vertel dat kommunikasie hul doelwit is en dat hul enige ouderdom pasiënt hanteer.   In die jare 0-3  word ‘n baba taalvaardig. Ouers word ook betrokke gemaak wanneer daar ‘n probleem identifiseer word en word geleer om die probleem speel-speel aan te spreek.  Waar artikulasie ‘n probleem is, word die pasiënt geleer om dit reg te stel deur verskeie oefeninge en sy wys ook daarop dat daar nie ‘n kits-oplossing is nie.

 

Wanneer ‘n pasiënt hakkel word so ‘n pasiënt deur terapie geleer om te kompenseer daarvoor.  Hierdie is ook ‘n lang proses.

 

Sommige volwassenes het na ‘n beroerte spraak-,  kou- en slukprobleme en hulle het ook behandeling daarvoor nodig.  Hul leer ‘n persoon wat sy taal verloor het, deur bv. ‘n beroerte, om weer hul taal te bemeester.  Waar die gesig ge-affekteer word, word die spiere in die wang en tong ook dikwels benadeel na ‘n beroerte.   Kinders  en babas ervaar ook soms kou-en slukprobleme asook suigaksieprobleme by pasgebore babas.  ‘n spraakterapeut het die opleiding om met hierdie problem te help.

 

‘n Spraakterapeut kan jou gehoor toets, maar is nie toegerus om ‘n oorfoontjie voor te skryf nie en daarvoor sal ‘n pasiënt na ‘n oudioloog moet gaan.

 

Spraakterapeute hanteer ook pasiënte met stemprobleme.  Waar nodules op die stembande heesheid veroorsaak het of waar die heesheid  genetiese van oorsprong is  kan spraakterapeute die problem aangespreek en kan dit met groot sukses behandel word.  Stemhigiëne word ook aan pasiënte geleer om te voorkom dat hul op ‘n later stadium ‘n operasie moet ondergaan.

 

Post a comment

2 × 2 =