Spoggerig in Vic-Wes

 

Spoggerig in Vic-Wes

Posted by VLV in News, Victoria-Wes 16 May 2011

Portefeulje: Leefstyl

 

‘n Mistige Saterdag, 14 Mei, is opgehelder met die Vic-Wes tak se Leefstyl vergadering.

 

Na die opening is die program begin met ‘n modeparade van die oue en die nuwe. Me. Charlotte Roux het haar beroemde modelle, met hul besondere uitrustings, aan ons kom voorstel. Ons eie koningin, “Queen Mary” het eerste haar (pienk) uitrusting vertoon wat sy na DIE koninklike troue aangehad het. Pippa, of soos ons haar ken, Ancha, het ook mooi vertoon in haar wit strooimeisierok.

 

Toe was dit die jong dames (Laura en Sunelia) se beurt om te spog met die meer moderne uitrustings. Me. Elma Visagie het met ons gesels oor die Stylvolle dame en ook die verskillende figuurtipes wat mens kry. Aantrek wenke is ook deurentyd gegee.

Me. Perrin het kort dekorwenke gegee oor hoe mens jou huis kan verfraai deur strooikussings en sweefkassies te gebruik. Me. Sandra Nolte het gedemonstreer hoe om ‘n hangeroortreksel te brei en die kant vas te brei, i.p.v. vas te werk.

Me. Laura Truter, die plaaslike dieetkundige, het inligting oor maaltydbeplanning gegee. Dames het ook die kans gekry om huishoudelike wenke met mekaar te deel.

Nadat tee en verversings geniet is, het die voorsitter voortgegaan met die program en het ons twee nuwe lede, mee. Visagie en Lotriet, hul kentekens van die sirkelpresident ontvang.

Queen Mary.

Me. Lotriet, Sandra Nolte en me. Visagie.

Post a comment

2 × five =