Spoeg en plak – ook met lap!

 

Spoeg en plak – ook met lap!

Posted by VLV in Hofmeyr Tak, News 10 Jun 2014

Sirkel: Cradock
Tak: Hofmeyr
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Teresa Opperman
Datum: 9 Junie 2014

Hofmeyr VLV was besonder bevoorreg om vir Elsie Oosthuizen in ons midde te kon verwelkom.  Sy is as gasspreker genooi deur Anneke Wilken, sameroepster van Kunste & Handvlyt, en sy het ons kom leer hoe om skilderye en allerlei ander mooie goed te maak met lap.

Sy het ook haar kunsartikels en naaldwerkprojekte uitgestal,  en ook ‘n groot uitstalling gehad van kunsartikels wat deur die kunswinkel op Burgersdorp te koop aangebied word.

Pragtige ‘skilderye’ word  gemaak deur alle oorskietlappies in konfettigrootte stukkies te knip en dan kleure bymekaar te gooi.  Hierdie lappies word dan in prentvorm op ‘n agtergrond uitgegooi,  en dan word net (tulle) bo-oor vasgestik om ‘n eiesoortige skildery vol karakter te skep.

Sy meld dat laslap ‘n kunsvorm geword het wat uitgesterf het en nou herleef, a.g.v. You-tube waar kitsmaniere gewys word om alle tegnieke kort-en-kragtig te doen.  Verby is die dae van vasryg en om ‘n papierpatroontjie werk –  gaan loer gerus hoe kan jy die ou dae se tegnieke nou vinniger doen.  Sy wys voorbeelde van pragtige gekwilte blokke wat met behulp van Pritt vasgeplak en toe gestik is.  Sy maak ook pragtige koord uit ‘n verskeidenheid materiale en wol en gebruik dit ook vir haar kunswerke.  Alle tossels word ook selfgemaak deur materiaal in dun repe te sny en dan uit te rafel om vrolike tossels te maak wat by die artikel waaraan dit gaan hang, in te skakel.

Anne Nel het vir Estelle Kruger genooi om te gesels oor Arbeidswetgewing en lone, en Estelle het haar persoonlike ervaring met die Dept van Arbeid met ons gedeel.

Rosalie Manley het ‘n aantal van haar persoonlike naaldwerkprojekte van 55 jaar terug (toe sy ‘n naaldwerkleerling was aan Rocklands Meisieskool).  ‘n Handgemaakte seunslangbroekie,  ‘n pakkie somerpajamas (en mensig wat ‘n groot broek!) en ‘n dogtertjie-pofbroekie –  sy het ook haar tema oor katoen saamgebring, en ons het verstom gestaan oor al die inligting wat sy vanoor die hele wêreld ingesamel het, veral as mens in ag neem dat sy van inligting uit tydskrifte afhanklik was om prentjies te bekom – en nie soos vandag se tieners wat net kan ‘google’  nie.

Tydens die 1952 Van Riebeek feesvierings het Rosalie ook alle prentjies uit koerante en tydskrifte versamel en vir haarself ‘n plakboek daaruit saamgestel.  Hierdie stuk geskiedenis was ook op uitstalling en die lede wat jare daarna eers gebore is,  kon lekker daardeur blaai.

Rosalie het ook ‘n verekwilt uitgestal wat sy met die hand gekwilt het terwyl sy en haar man nog ‘n kys was.  Sy vertel dat sy saans wanneer hy by haar kom kuier het,  heerlike gesit en kwilt het,  terwyl albei onder die warm kwilt gesit het.

'n Pragtige versameling komberse is deur Hofmeyr tak geskenk aan Sparrows Kinderoord in Tarkastad.  Blokkies gebrei en gehekel deur lede, en aanmekaar gewerk deur Estelle Kruger.

‘n Pragtige versameling komberse is deur Hofmeyr tak geskenk aan Sparrows Kinderoord in Tarkastad. Blokkies gebrei en gehekel deur lede, en aanmekaar gewerk deur Estelle Kruger.

Talle musse en bedkouse in alle kleure is ook geskenk deur Hofmeyr VLV aan Sparrows Kinderoord in Tarkastad.

Talle musse en bedkouse in alle kleure is ook geskenk deur Hofmeyr VLV aan Sparrows Kinderoord in Tarkastad.

'n Uitstalling van beskilderde skinkborde en handgemaakte krale vanaf Crafty Corner in Burgersdorp.

‘n Uitstalling van beskilderde skinkborde en handgemaakte krale vanaf Crafty Corner in Burgersdorp.

Sameroepster van Kunste & Handvlyt, Anneke Wilken (links), en Elsie Oosthuizen van Burgersdorp (regs) wat pragtig skilder met lap.

Sameroepster van Kunste & Handvlyt, Anneke Wilken (links), en Elsie Oosthuizen van Burgersdorp (regs) wat pragtig skilder met lap.

Rosalie Manley vertel van haar pragtige handewerk toe sy nog 'n skolier was.

Rosalie Manley vertel van haar pragtige handewerk toe sy nog ‘n skolier was.

  • June Smit August 4, 2014 at 4:50 pm / Reply

    Pragtige komberse en mussies. Julle het omtrent gewoel!!

Post a comment

three + 19 =