Spele(tjie) dag by VLV Voëlvlei

 

Spele(tjie) dag by VLV Voëlvlei

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 01 Aug 2019

Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur, Openbare Sake

Beriggewer:   Elize Locke

Datum: 31 Julie  2019

 

Dit was nie die gewone maandelikse byeenkoms vir die dames van VLV Voëlvlei nie. Tafels vol verskillende bordspeletjies het diè middag die dames ingewag.  Die organiseerders het kortliks die geskiedenis en reëls van elke speletjies verduidelik en daarna is die saal gevul met ‘n vrolike gelag soos die dames deelgeneem het aan die pret.

 

“Pass the Pigs” wat vir die eerste keer meer as 3 000 jaar gelede gespeel is, was ‘n spel waar lewendige varke in die lug gegooi is en die punte bepaal is deur die posisie waarin die varke geland het.  So ‘n spel kon tot 6 dae duur, omdat die varke kort kort weggehardloop het.  Jare later is hulle vervang deur gekerfde figuurtjies om die spel te verkort.  Dr Whopper het die antieke speletjie ontdek tydens sy reise in Duitsland.  Vandag word die kleine varkies in ‘n swart houertjie, wat in jou hempsak pas, verkoop.

 

 

 

Vlnr Dorina van Aardt, Mien Naude, Arieta Swart, Jemien Smalberger

 

 

 

 

 

 

Jenga, ‘n toring van houtblokkies waar een vir een uitgetrek word tot die hele spul inmekaar tuimel, is ontwerp deur Leslie Scott.  Die spel is gebaseer op ‘n speletjie wat in haar familie ontstaan het in die vroeë 1970’s waar hul hul kinders se hout blokkies gebruik het en wat gekoop is van ‘n saagmeul in Takoradi, Ghana.

 

 

 

 

 

 

Die speletjie, Pick up sticks waar die bondel stokkies laat val word en dan met groot konsentrasie een vir een opgetel moet word sonder om die ander stokkies te versteur, is baie goed vir hand-oog koordinasie, kleur herkenning, ens.

 

Daar is ook Kewerjag, Ludo en Domino’s gespeel.

 

Joma Meyer, Ada Gericke, Tannie Johanna, Dania van der Walt

 

Mien Naude het vertel van eco-bricks. Eco Wat? Dit is ‘n leë plastiekbottel wat vol gestop word met nie-herwinbare materiaal, veral sagte plastiek soos kleefplastiek.  Nie net is hierdie ‘n manier om ontslae te raak van nie-bioafbreekbare afval nie, maar ook ‘n produk wat gebruik kan word as goedkoop boumateriaal.  Die volgestopte bottels kan afgelewer word by versamelpunte in Kaapstad waar dit dan weer versprei word aan gemeenskappe wat dit gebruik om klaskamers, ens mee te bou.  Hierdie is natuurlik nie ‘n oplossing vir die groot plastiek gemors in ons wêreld nie.  Die ideaal is om heeltemal weg te beweeg van die gebruik van plastiek.

 

Nepal mag ‘n verre, onbekende en afgeleë land wees, maar die VLV-vlaggie was al daar!  Alta Landman van Voëlvlei VLV en haar vriendin, Adelle Harmse, het gedurende Maartmaand in die Nepal-gebergtes gaan stap.  Dit is die tweede keer wat hulle dit doen.  Verlede jaar was dit na Everest Basiskamp, en die jaar het hulle die veel langer Annapurna Circuit aangedurf.

 

Ongelukkig het Nepal, soos die res van die Noordelike halfrond, hierdie jaar gedurende Februarie ongekende  sneeuval beleef. Dit het meegebring dat die twee vroue se staptog ontaard het in iets veel meer uitdagend as wat hulle beplan het.  Die eerste paar dae het hulle reeds opgemerk dat die land steeds vasgevang is in ysige koue..  Op dag drie het hulle ewe verspot foto’s geneem van hoe mens val in die sneeu, min wetend dat hulle slegs twee dae later meer sneeu sou teëkom as wat daardie deel van Nepal in dertig jaar beleef het.

 

Die sneeuvolumes, sowel as verskeie avalanches (sneeustortings), waarin 3 mense dood is, het veroorsaak dat die twee vroue hul roete op aanbeveling van hul gids moes aanpas, en uiteindelik totaal moes verander. Die foto toon die twee met die VLV vlaggie, met  Machapuchare, of Fish Tail Mountain in al haar glorie agter hulle. Die berg is heilig en is nog nooit deur mense geklim nie, Vir die Hindoes is sy vroulik, en as mens so na haar skoonheid staar, is dit voorwaar ‘n supermodel.  Die twee vroue sê onomwonde dat hulle enige tyd weer na Nepal sal terugkeer.  Daar is geweldig baie roetes van verskillende moeilikhiedsgrade, wat gestap en of geklim kan word.

 

 Adele Harmse, Alta Landman met VLV vlaggie

 

Leave a Reply