SPEECH BY HELEN ZILLE

 

SPEECH BY HELEN ZILLE

Posted by VLV in News, VLVK-nuus 30 Aug 2009

SPEECH BY HELEN ZILLE, PREMIER OF THE WESTERN CAPE

FOR THE CWAA CONGRESS 2009

 

18 AUGUST 2009, 12h40 – MALMESBURY TOWN HALL

 

Lede van die Kaapse Vroue Landbou Vereniging. Baie dankie dat u my genooi het om u jaarlikse kongres toe te spreek. Dit is die tweede keer dat ek hierdie geleentheid gegun word en dit is vir my ‘n eer.

 

Toe ek in 2007 bygewoon het, was u tema vir daardie jaar: “Bewonder,

Bewaar en Bespaar ”.

 

Ek is gevra om vandag ‘n praatjie oor die tema “Reik na die

Sterre” te lewer.

 

Hoe kan elkeen van ons, verskillende individue met diverse belange en

begeertes, op ons eie manier na die sterre reik? How can you be the best

you can be?

 

Dit is ‘n breë onderwerp, daarom gaan ek dit meer spesifiek deurtrek

na my mening oor eienskappe of waardes wat ek glo ons kan help om die

beste te word wat ons kan wees.

 

Heelwat van hierdie eienskappe word opgesom in ‘n gebed wat reeds in

1577 geskryf is deur die Engelse ontdekkersreisiger en digter, die Heer

Francis Drake. Dis ‘n gebed wat ek aan my kinders op belangrike

verjaarsdae voorgelees het:

 

Disturb us, Lord, when

We are too pleased with ourselves,

When our dreams have come true

Because we dreamed too little,

When we arrived safely

Because we sailed too close to the shore.

 

Disturb us, Lord, when

with the abundance of things we possess

We have lost our thirst

For the waters of life;

Having fallen in love with life,

We have ceased to dream of eternity

And in our efforts to build a new earth,

We have allowed our vision

Of the new Heaven to dim.

 

Disturb us, Lord, to dare more boldly,

To venture on wilder seas

Where storms will show Your mastery;

Where losing sight of land,

We shall find the stars.

 

We ask you to push back

The horizons of our hopes;

And to push into the future

In strength, courage, hope, and love.

 

Die Heer Francis Drake het hierdie gebed geskryf toe hy per skip vanaf

Engeland na Suid-Amerika vertrek het.

 

Although such voyages were incredibly dangerous back then, he ventured

from South America as far north as the non-Spanish parts of what is

today known as California.

 

When he returned to his Queen with Spanish gold worth over half a

million pounds sterling, he received his Knighthood.

 

Today the door is open for women to venture greatly, to do the same

through their hard work and many sacrifices. No great venture is without

great risk.

 

I do not pretend to speak for all women. I will just share with you my

personal perspective on how to reach for the stars.

 

Ek gaan dus uit die hart praat, eers filosofies en dan uiters prakties,

toegelig met voorbeelde vanuit die lewens van mense wat my pad gekruis

het en my geïnspireer het.  Ek hoop dit is moontlik sonder om u te

verveel.

 

Ek persoonlik het al verskeie loopbane in my lewe gevolg, en my pad in

elkeen van hulle oopgewerk, van iewers heel onder tot amper bo. Dit was

interessant om te gaan nadink oor watter faktore my hierin gehelp het,

en watter hindernisse ek moes oorkom.  Wees verseker, ek het al meer as

genoeg mislukkings gehad en daaruit het ek veel meer geleer as uit my

suksesse.

 

Ek kan eerlik sê dat ek nie inherent ‘n ambisieuse persoon is nie.

Ek het nog nooit vir myself gesê: daardie posisie of doelwit is myne en

dit dan meëdoenloos nagejaag nie.

 

Ek glo eerder dat die groot sielkundige en filosoof, Victor Frankel,

reg gehad het toe hy die lewe beskryf het as ‘n konstante soektog na

betekenis en sin.

 

Gedurende die afgelope paar dekades is fassinerende navorsing oor die

menslike genoom gedoen. In onlangse artikels in die media word genetici

aangehaal waar hulle daarop aanspraak maak dat die soektog vir betekenis

in werklikheid in ons gene ingeprogrammeer is.  Hierdie programmering is

die grondslag vir die menslike soektog deur die eeue heen vir

godsdienstige geloof en spiritualiteit wat betekenis en sin aan die lewe

op aarde gee.

 

Hierdie teorie vind baie naklank by my, en as dit eendag bevestig word,

sal die wetenskap en godsdiens uiteindelik geïntegreer wees en ons

begrip van die einddoel van die lewe versterk word.  As jy voel jou werk

is volgens jou aardse doel gerig, ontwikkel dit ‘n momentum wat jou

deur enige hindernis en oor enige struikelblok kan dryf.

 

‘n Diep doelgerigtheid is die eerste vereiste vir enige persoon wat

hom- of haarself op enige terrein laat geld.  En wanneer ek terugkyk op

die lewensterreine waar ek gevorder het, dink ek doelgerigtheid was die

dryfkrag.  Nie vir posisies, mag of status nie, maar om te doen wat

nodig was vir ‘n doel waarin ek geglo het, en nog steeds glo:  dat

Suid-Afrika nog sal ontwikkel in ‘n volhoubare, regverdige demokrasie.

 

Iemand wat hierdie doel met my deel is een van Suid-Afrika se voorste

wetenskaplikes wat tans aan die integrasie van die wetenskap en

godsdiens werk.  Hy het wêreldwye erkenning vir sy pionierswerk ontvang

en het ‘n groot invloed op my gehad. Hy het ‘n ruk gelede die

toonaangewende Templeton-prys ontvang wat elke tweede jaar in Amerika

uitgereik word aan dié internasionale geleerde wat die grootste bydrae

tot beide dissiplines gemaak het.

 

George Ellis, vermaarde professor-emiritus van komplekse stelsels aan

die Universiteit van Kaapstad, is ‘n toegewyde Christen en ‘n

wêreldbekende wetenskaplike. Hy het Saterdag sy 70ste verjaarsdag

gevier met ‘n kerkdiens waar die wonderlike Pro Canto koor, onder

leiding van die ongelooflike dirigent Leon  Starker, opgetree het. Hulle

musiek voer jou in ‘n ander dimensie in om na die sterre te reik.

George het nou saamgewerk met die kosmoloog, Stephen Hawking, en ook

boeke geskryf (soos Hawking se “A brief history of time”) wat die

komplekse werk oor die relatiwiteitsteorie in ‘n gewilde idioom

vertaal het.

 

George het die boek “Before the Beginning” geskryf. Sowat 15 jaar

gelede het ek dit baie noukeurig gelees. Die skrywer het my die groot

eer bewys om by die bekendstelling van sy boek te praat.

 

Dit was ‘n tydige versoek omdat sy gevolgtrekking my sedertdien elke

dag van my lewe bybly.  Die essensie van die boek is: die doel van lewe

op aarde is om liefde gestalte te gee.

 

Dit is natuurlik die essensie van die Christelike geloof, maar in

hierdie boek is dit ook die gevolgtrekking van harde wetenskaplike

ontleding, waarin al die empiriese vrae gevra word.  Liefde word

gestalte gegee deur ‘n kombinasie van menslike empatie en inspanning –

die twee groot kragte wat saam entropie kan teenwerk – daardie neiging

tot chaos en disintegrasie.

 

Die beste kontemporêre boek wat ek nog ooit oor die onderwerp gelees

het, is geskryf deur ‘n Christelike sielkundige genaamd Scott Peck.  U

ken dit dalk en indien nie, behoort u “The Road Less Travelled” te

lees.

 

Hy pak ‘n tema baie soortgelyk aan dié van George Ellis aan, maar

vanuit ‘n ander perspektief.  Met my fokus op wat dit kos om die

liefde te vergestalt, voel  dit inderdaad of Peck se boek begin waar

Ellis ophou.  Hierin gee hy wat ek as ‘n uitstekende definisie van

liefde beskou, deur te beskryf wat dit nie is nie.

 

Hy sê nadruklik: liefde is nie ‘n gevoel nie.  Dit is ‘n

doelbewuste, volgehoue poging van wilskrag en harde werk, om die

persoonlike groei en ontwikkeling van jouself en andere te bevorder.

Dit staan op die fondament van opoffering, diens en selfdissipline.

 

As jy na die sterre reik is dit dikwels nie ‘n lekker reis nie. Dit

verg ongelooflike selfdissipline en opofferings.

 

Dit is dan die kernfilosofie en geloof wat my dryf in wat ek doen.  En

ek glo so ‘n raamwerk van doel en betekenis is die grootste vereiste

om jou in die wêreld te kan laat “tel”.  Betekenis begin by

jouself.

 

En nou beweeg ons van die geestelike en filosofiese raamwerk na ‘n

paar uiters praktiese stappe wat ek uit

my vele loopbane geleer het.

 

Ek het die praktiese stappe wat my in my lewe gehelp het, in groepe

verdeel.

 

1.    Die eerste groep handel oor die hantering van probleme soos hulle

voorkom.  Ons steek die kloof tussen ons kinderjare en volwassenheid oor

wanneer ons die feit dat die lewe moeilik en dikwels onregverdig is,

aanvaar.   Om probleme in die gesig te staar, gee betekenis aan die

lewe.  Verwag dat dit so sal wees. Moenie jouself as ‘n slagoffer

voorgee nie.  Staar uitdagings in die gesig en skep jou geleenthede.

Doen wat jy kan, waar jy is met wat jy het, en volhard.

 

Die les is die beste by my tuisgebring deur ‘n vriendin wat ek as

joernalis leer ken het:  Caryle Murphy.

 

2.    Die tweede groep praktiese wenke hou verband met die

belangrikheid van ‘n toekomsgerigtheid, om nie in die verlede vas te

haak nie.  Leer uit jou foute en mislukkings, maar laat dit dan agter.

Moenie stilstaan by die verlede nie.  Blaam en spyt is verspilde

emosies.  Moenie onmiddellike resultate verwag nie.  Wees gereed vir

‘n lang reis –  die marathon, nie die 100 m-naelloop nie.  Neem

vandag se besluite deur jouself in die toekoms in te projekteer.  Kyk

dan terug en vra jouself af:  watter besluit sal as die regte een oor

tien jaar beskou word?

 

Beyers Naude het hierdie les by my tuisgebring.  Vandag vergelyk ek sy

posisie met, byvoorbeeld, dié van Adriaan Vlok.  Die geskiedenis sal

‘n heel ander oordeel oor elk van hulle vel as oor hul tydgenote.

 

3.   Dit is ‘n mite dat ‘n mens alles moet hê.  Jy kan nie alles hê

nie.  You can’t have it all at the same time. Daar moet opofferings

wees.  Jy moet jou prioriteite stel.   Bou ondersteuningsnetwerke:  ek

erken elke dag dat as dit nie vir my man en my huishulp was nie, sou ek

nooit die vereistes van my pos kon nakom nie.  Moet nie jou frustasies

uithaal op die mense wat vir jou lief is nie. Hulle is al wat jy op die

ou end sal hê.

 

4.    Wees jouself, wat dit ook al dit mag wees.  Moenie stereotiep

wees nie.  Vrouens wat op seksuele aantreklikheid staatmaak of bedeesd

is, word nie met erns bejeën nie en moet ook nie daaroor kla nie.  Wees

jouself.

 

5.    Neem risiko’s:  suksesvolle mense doen wat ander mense nie

bereid is om te doen nie. En as jy faal, val voorwaarts en staan dan

weer op. Daaruit leer jy meer as enigiets anders.

Post a comment

6 + seven =