SOSSOS

 

SOSSOS

Posted by VLV in News, Slot-van-die-Paarl 11 Jun 2014

Sirkel: Paarl
Tak: Slot van die Paarl
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Annalise Loubser
Datum: 10 Junie 2014

Elmarie Koch, radiografis, het die volgende te sê gehad oor rugsorg; ‘n onderwerp wat baie van die dames raak, want navorsing het bevind dat 80% van alle volwassenes het rugpyn. Omdat sy self al so baie operasies gehad het, is sy passievol daaroor om ander met raad te bedien daaroor.

Die drie vernaamste oorsake daarvan is:
**Oorgebruik – mens doen oor-en-oor dieselfde fout
**Misgebruik – hoëhankskoene. “Once in a blue moon”, maar normaalweg liewer wighakke en 2cm hoog. ‘n Minimum van 300 keer per dag word die verkeerde aksie gedoen bv jou pen val en ipv om op te staan om dit op te tel, rek jy verkeerd en tel dit op. Swaar inkopiesakke is ook ‘n sondaar.
**Wangebruik – die ding is te swaar, maar jy tel dit tog op!

Mens moet die besluit neem dat jy reg gaan buk!

Elmarie Koch, gasvrou Jackie Genis en voorsitter Frouwien du Toit met lede het nog soveel vrae oor rugsorg.

Elmarie Koch, gasvrou Jackie Genis en voorsitter Frouwien du Toit met lede het nog soveel vrae oor rugsorg.

S O S S O S van rugsorg – WENKE
S sit reg. Wissel posisie gereeld, draai skouer en heup saam. Rekenaartafel moet die  regte hoogte wees.
O optel. Vir 1 kg verkeerd optel, sit jy 15kg op rug. Buig, hou lyf reguit.
S staan reg. Bietjie wydsbeen met maag in.
S stap reg. Knyp boude, skouers terug, kop op, maag in.
O oefening. Stap!!! Begin met 1 tree voor die ander!
S slaap reg Nooit op jou maag nie. Op jou sy, met kussing tussen been as jy groot heupe het.

Gaan ons luister en ‘n verandering maak?! Komaan, kom ons SOSSOS!!

Post a comment

three + eleven =