So word wol geklas

 

So word wol geklas

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 28 Mar 2018

Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Landbou

Beriggewer: Elize Locke

Datum: 27 Maart 2018

 

Sandra Nolte, lid van ons tak, is ‘n wolklasseerder.  Sy het haar kennis opgedoen deur saam met haar man Willie in die skeerhok te werk. Na Willie baie ernstig beseer is in ‘n motorongeluk was Sandra genoodsaak om beheer oor die skeerdery te neem.

 

Aanvanklik het hul skeerspanne uit die omgewing gebruik.  Deesdae gebruik hul skeerspanne van die Ciskei en Transkei.  Hul skeer nog met ‘n skêr.  Dis baie harde werk en mens moet die manne respekteer vir wat hul op ‘n dag vermag.

 

Die wolgooier moet weet hoe om die vag op die tafel te gooi.  Party klasseerders verkies die witkant bo, ander die bruinkant.  Die vag word verdeel in verskillende dele wat elkeen in ‘n aparte houer gegooi word.  Die verskillende dele is: loks, penswol, broeke (vol sade en gras) en blad (beste wol).  Al die groepe word gebaal en na Port Elizabeth gestuur.  ‘n Baal weeg tussen 90 en 180 kg.  Bo-op die sak is die produsent se naam en die tipe wol.  By die fabriek word toetse gedoen om te kyk of die wol reg geklas is.  Die kleur van die wol bepaal die prys.

 

Daar word elke 8 maande op die Noltes se plaas geskeer.

 

Sandra Nolte met ‘n vag wol.

 

Linzetta Smit vertel ons daarna meer van die verweking van die wol en hoe jy jou wolklere moet versorg.

 

Mien Naude stel ons voor aan die naslaanboeke Britannica Junior en deel met ons wat sy raakgelees het van die Griekse Mitologie, onder andere Athena, godin van oorlog, wysheid en handwerk.

 

Rika de Villiers wys vir ons broodjies in ‘n blikkie wat sy in water gaargemaak het.

 

.Joma Meyer het terugvoering gegee oor die onlangse konferensie op Stilbaai en ons is baie trots op die 10 trofees wat die tak gewen het.   Linzetta Smit, Johlene Muller, Anna Marie van der Merwe, Ada Gericke en Elmarie Engelbrecht is trofeë wenners in verskillende afdelings.  Hierdie dames, asook ander inskrywings het daartoe bygedra dat VLV Voëlvlei weereens die trofee vir die tak met die Meeste Punte verower het asook die gesogte “Simply the Best” beker wat hierdie jaar gedeel word met Sedgefield.

 

 

v.l.n.r.:  Ada Gericke, Johlene Muller, Elmarie Engelbrecht, Annamarie van der Merwe

 

Tannie Gerda Muller ontvang haar 65jaar diensknopie.  Tannie Gerda was nog al die jare net ‘n lid van Voëlvlei.  Sy is voorwaar ‘n inspirasie.  Saam met haar ontvang nog 6 dames diensknopies.

 

V.l.n.r.:  Elize Locke (10jaar), Anna Wolfaard (20jaar), Tannie Gerda Muller (65jaar), Isabel van Rensburg, (30jaar), Reeva Pienaar (40 jaar).  Linzetta Smit (40jaar en Dorina van Aardt (20jaar) was nie beskikbaar vir die neem van die foto nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

Ons arme beoordelaar moes haar proe ken om 16 botteltjies mikrogolf mosterd geproe te kry.  Reeva Pienaar is uiteindelik as die wenner gekroon.

 

 

 

 

 

Linzetta Smit

 

 

 

Post a comment

one × 3 =