So maak Kinderhuis ‘n verskil

 

So maak Kinderhuis ‘n verskil

Posted by VLV in News 18 Jun 2019

Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 11 Junie 2019

 

Soulvy Saunders is verbonde aan die Durbanville Kinderhuis en het die lede kom vertel hoe hierdie instansie ‘n verskil in kinders se lewens probeer maak.  Die Kinderhuis het in 1899 in Bredastraat in Kaapstad ontstaan en is nou al ‘n 100 jaar in Durbanville.  Hulle huisves kinders uit verskillende omstandighede vanaf 18 maande tot 18 jaar.  Daar is 144 kinders wat in 30 verskillende skole geakkommodeer word – daar word voorsiening vir elke kind se behoeftes gemaak.  Op die tehuis se gronde is ook ‘n skool vir remediërende onderwys.  Die kinders lewe gebalanseerd – daar word in alle behoeftes voorsien, bv. sportdeelname, kultuur, ens.

 

Sommige kinders gaan vakansietye huis-toe en dan word elkeen van ‘n kospakkie met nie-bederfbare voedsel voorsien.  Daar is ‘n liefdadigheidswinkel waar skenkings van die publiek verkoop word, asook goedere wat hulle nie vir die kinders kan aanwend nie.

 

Daar is ‘n groot behoefte aan vrywilligers wat die kinders in die middae met hul huiswerk kan help.  Daar is tans 60 personeellede en 40 vrywilligers in diens van die Kinderhuis.

 

Na so ‘n praatjie besef mens net weer dat hierdie instansie ‘n GROOT verskil in kinders se lewens maak!

 

Soulvy Saunders (spreker) en Mariëtta du Plessis (sameroeper).

 

Leave a Reply