So gebruik jy ‘n selfoon

 

So gebruik jy ‘n selfoon

Posted by VLV in Kleinmond Tak, News 25 Apr 2018

Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Datum: 24 April 2018

 

 

Met selfoontegnologie is jy seker “Môre begin Vandag”!

 

Dit was die boodskap wat Devan de Witt van Vodacom op 24 April met die Openbare Sake-vergadering aan die VLV-tak van Kleinmond gebring het. Dis belangrik dat ons moet bybly met moderne tegnologie en danksy die selfoon met sy groot getal funksies, kan ons in verbinding bly met alles en almal tot aan die uithoeke van die aarde. In wat eintlik ‘n baie geslaagde vraag-en-antwoord vergadering was, het Devan vrae beantwoord en verduidelik hoe werk whatsapp, instagram, twitter, data, apps, wifi, foto’s, ens en vir watter slaggate die selfoongebruiker moet uitkyk. Dat die meeste VLV-vroue hulle selfone ken en verstaan en deeglik gebruik, was baie duidelik uit die vrae wat Devan moes beantwoord. En dit was nie net vrae oor wat om te doen as die selfoon in die water, melk of olie val nie!

 

  Saamroeper Marita Grobler(links) en spreker Devan de Wit saam met voorsitter Cecile Jonkheid

 

“Autumn leaves – The trees are about to show us how beautiful it is to let things go.”

Die Openbare Sake-groepie het ook die lieflike herfsseisoen onder lede se aandag gebring met die dekor en ‘n voorlesing deur saamroeper Marita Grobler van die NP van Wyk Louw-gedig “Vroegherfs”. In pas met die middag se tema, het sy ook ‘n stigtelike gedagte van haar selfoon af gelees.

 

 

Saamroeper Marita Grobler open die vergadering met ‘n selfoonvoorlesing.

 

En om almal wat so hard moes konsentreer op al die tegnologie, weer te laat ontspan, het Mirielle Nel vir die dames sommer daar op hulle stoele, ritmiese ontspanningsoefeninge laat doen.

 

Mireille Nel het ontspanningsoefeninge demonstreer ná al die konsentrasie op tegnologie!

 

 

Charlene Pretorius, Bets de Klerk, Lynette Loubser, Maria Theron en Daphne Loots oefen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Klein studie in herfsskakerings.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Roedine Wahl skryf haar heerlike anysbeskuit in voor die vergadering begin.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hendriëtte Cruywagen kyk saam met Brenda Neethling, hulp-sekretaresse, na die kompetisie inskrywings van ‘n gebreide skouerjakkie en anysbeskuit.

 

 Ria Coetzee se pragtige Paasrangskikking was die wenner in dié kategorie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Annie Jooste het gewys hoe versterk mens ‘n voorskootsak vóórdat jy dit appliek.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Heerlike eetgoed was reggesit vir die gesellige kuier ná die vergadering.

Post a comment

two × five =