So bemagtig STOP die jeug

 

So bemagtig STOP die jeug

Posted by VLV in Goodwood Tak, News 26 Jul 2017

Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 25 Julie 2017

 

Die lede het besluit om, soos in die verlede, sanitêre doekies aan die meisies van Goodwood Kollege te skenk.  Die Maatskaplike Werker daar, Marialna Brown, het dit met groot dankbaarheid in ontvangs kom neem.

 

Wenda Preuss (Voorsitter) en Marialna Brown (Maatskaplike Werker).

 

Trushka Badenhorst van STOP (Stop Trafficking Of People) het die lede kom inlig oor die organisasie se bedrywighede.  Dit is ‘n Christenorganisasie en is nie oral welkom om kinders toe te spreek nie.  Hulle probeer om kinders d.m.v. gebreide poppies te bemagtig sodat daar verhoed kan word dat hulle aan die seksindustrie verkoop word.

 

Sy vertoon sketse wat gebruik word om die storie agter die poppie te verduidelik:

‘n Hand met ‘n hartjie in die palm:-Kinders is spesiaal en God het jou met Sy hand gemaak.

‘n Hartjie:- God is baie lief vir jou.
‘n Skoenlapper:- ‘n Wurmpie het in ‘n skoenlapper verander – so verander goed ook in jou lewe.
‘n Traan:- Is daar iets in jou hart wat vir jou trane gee en wat ander mense nie van weet nie?
Drie woorde se betekenisse word vir hulle geleer, nl. Seksuele misbruik, pornografie en prostitusie.
‘n Blom:- Praat totdat iemand luister, want hulle moet onthou dat hulle lyfies kosbaar is en dat niemand aan hulle mag vat nie.
‘n Vraagteken: Ek is spesiaal; God is lief vir my en Ek kan droom.

Die seuns word ook vertel dat hulle die meisies moet beskerm.  Aan die einde van die sessie ontvang elke kind ‘n poppie.

 

Trushka Badenhorst by die poppies wat die lede gebrei het.

 

  • Ita van der Merwe August 1, 2017 at 5:31 pm / Reply

    Dankie vir julle entoesiasme en bereidwilligheid. Ons is baie trots op elkeen wat bygedra en aangespoor het.

Post a comment

sixteen − 7 =