Smulkos uit die Kalahari

 

Smulkos uit die Kalahari

Posted by VLV in Announcements, Bestellings 07 Oct 2011

Die lede van Sirkel Kalahari het saamgespan om ‘n resepteboek, Smulkos uit die Kalahari, die lig te laat sien. Die resepteboek is ‘n versamelstuk van beproefde resepte uit die skatkis van die Kalahari en gewaarborg om selfs die grootste smulpaap te laat swymel.

Die boek bevat ‘n keur van die lekkerste, beste en mees beproefde resepte uit die kombuise van VLV-vroue regoor die Kalahari. En ‘n VLV-vrou is mos darem bekend vir haar vaardigheid in die kombuis.

 

Die pragboek in volkleur, op glanspaier gedruk en met ‘n waslaag oor die buiteblad, is ‘n absolute winskopie teen net R150.00 per eksemplaar. Bestel  Smulkos uit die Kalahari  vandag nog – sommer nou dadelik en net betyds vir Kersfees – van Annelize Marx, 082 940 7549 of by annemarx@webmail.co.za .

 

Post a comment

ten + 6 =