Slot van die Paarl sluit af

 

Slot van die Paarl sluit af

Posted by VLV in Slot-van-die-Paarl 04 Nov 2014

 

Sirkel:  Paarl

Tak:  Slot van die Paarl

Portefeulje:  Afsluiting

Beriggewer:  Annalise Loubser

Datum:  4 November 2014

 

 

Langs pragtige gedekte tafels word die lede gevra ‘Wat is vir jou belangrik as jy aan Kersfees dink?’. Liefde (God is liefde), Genade (Dit beteken onverdiende guns en onverdiende liefdevolle goedheid. Die oorvloed van die kersete herinner ons aan die oorvloed van God se Genade.), Familietyd/samesyn (Vredevolle nabyheid en die gevoel van veiligheid in mekaar se teenwoordigheid), Jesus (Die herdenking van die eerste koms van die Koning – dit is waaroor Kersfees gaan.), Lig/kerse (Sy teenwoordigheid in ons lewe, die Lig, moet skyn sodat ons Vader wat in die hemel is, verheerlik word.) en geskenke (Ons moet geskenke kan ontvang (Jesus) en oopmaak asook ‘n gesindheid om uit te deel.) is van die woorde wat onder bespreking kom.

 

 

Die voorsitters- en tesouriersverslag word gelewer van ‘n tak met gesonde aktiwiteite.

 

 

Twee van die lede is die ‘gassprekers’ van die dag nl Bokka Wagenaar wat nuttige wenke gee oor hoe om ‘n glasfles oop te maak (kap  dit liggies op die vloer), hoe om ‘n klomp kersietamaties gelyktydig tussen twee borde te halveer. Aletta Keyser neem ons op ‘n ‘trip along memorylane’ in die ou Huis en Haards. Noudat sy al ‘n paar kongresse bygewoon het, raak van die gesigte al ‘ou vriende’. Sy het die afgelope 20 jaar se Huis en Haards deurgewerk en op baie juweeltjies afgekom!

 

 

Tydens die prysuitdeling ontvang Aletta Keyser die Corrie le Roux-beker vir die hoogste aantal punte asook die Rachel Isabella Steyn-beker as die vlytigste lid. ‘n Nuwe jong lid, Louna Spies, ontvang ‘n prys vir deelname aan Naaldwerk en Alice Swanepoel loop weg met die beker vir Kuns en Blomme.

 

 

So word nog ‘n jaar se werksaamhede afgesluit en die wens word uitgespreek dat ons lewens anders moet wees as wat Kersfees oral sigbaar is, maar Jesus, ons grootste geskenk van die Vader, ontbreek!

 

 

IMG_1855 - Copy

 

 

 

Post a comment

seventeen + eighteen =