Slim, Slimmer, VLV

 

Slim, Slimmer, VLV

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 16 May 2014

Sirkel: Namakwaland
Tak: Vredendal
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: A Beelders
Datum: 15 Mei 2014

 

Vredendal se VLV-lede se kennis van landsake is getoets met ‘n lys van 20 vrae waaraan Sophie Malan, sameroepster vir Openbare Sake, hul onderwerp het.

Die lede is in vier spanne ingedeel wat met mekaar kompeteer het. Vrae soos wie is ons Nasionale Minister van Gesondheid; wie het Suid Afrika se eie wyndruifkultivar uit twee bestaande kultivars gekweek, en uit watter kultivars; watter argitek het die Voortrekker Monument en ook Vredendal se Moedergemeente kerk en kerksaal ontwerp, het die spanne woes laat koukus. Twee spanne het kop aan kop vir die wenpunte, 16/20 gesorg.

Hoërskooldogters, onder leiding van Michelle de Villiers, het met hul pragtige weergawe van Coenie de Villiers se Karoonag, die kroon op die oggend geplaas.

Hoërskooldogters, onder leiding van Michelle de Villiers, het met hul pragtige weergawe van Coenie de Villiers se Karoonag, die kroon op die oggend geplaas.

Post a comment

4 × 5 =