Skoengrootte samel geld in

 

Skoengrootte samel geld in

Posted by VLV in Wellington Tak 18 Jun 2015

Sirkel:  Paarl

Tak:  Wellington

Portefeulje:  Opvoeding

Beriggewer:  Juanita Loubser

Datum:  18 Junie 2015

 

 

Suid van Markstraat is ‘n frase wat nog baie gehoor sal word in die toekoms. Met die Opvoedingsoggend het Herman Bailey(voormalige burgemeester van Wellington) met ‘n groep oud inwoners wat Suid van Markstraat woonagtig was in die 1950’s, die dames kom inlig oor hoe die lewenswyse was voor die Groot Skeiding.

 

 

vlv junie 2

Voor L na regs : Robert Prins, Ivan Abrahams,Christiaan  Small ,Sheila Abrahams , Tannie Madge Isaacs

Agter  L na R : Winston Smyth , Herman Bailey , Ezla Ritter (VLV -Opvoeding sameroeper),Vernon Williams

 

 

As mens praat van Groot Skeiding klink dit na die Groot Trek, maar in die ware sin van die woord was dit amper so. Dit was die groeps gebiede verskuiwings wat in 1957 plaasgevind het tussen Wellington Noord en Suid. Die lyn is deur dr. ID du Plessis getrek. Nie een blanke gesin is geraak in die verskuiwing nie, maar wel 11 bruin gemeenskappe. Mense is uit hul huise geneem en letterlik afgelaai op die nuwe uitgesitte perseel. 40 Huisgesinne moes een toilet en een kraan deel.

 

 

Voor die verskuiwings was die gemeenskappe geskoei op Christelike waardes. Hul het eie groentetuine gehad. Dit was gemeenskappe met eerlike waardes en hul het geglo jou eerste keer moet die beste wees. Musiek was daardie tyd van groot waarde en vir elkeen van belang. Mens kan ure luister na staaltjies en onthou van hierdie mense.

 

 

Hierdie is ’n stukkie geskiedenis van Wellington wat min van weet. Opvoeding is deel van ons lewe en geskiedenis is seker van die belangrikste. Om jou land te ken en te onthou kan niemand wegneem nie. Jy moet mos weet wat jou herkoms is en hoe alles ontstaan het.

 

 

vlv junie3

 

 

Om die dames terug te bring op die harde pad van vandag het Karin Morkel gesorg vir ‘n skoen uitstalling wat nie die hasepad sal kies. Natuurlik het alles ‘n doel. Hierdie skoene het die dames gevul met rande, rande wat hulle skoengrootte verteenwoordig. Die bydraes word vir die ontwikkeling van vroue op die platteland geskenk.

 

 

vlv junie1

Heerlike appelkoos kaaskoek van Dalene Buckle.

 

Post a comment

four × two =