Skep jou eie welvaart

 

Skep jou eie welvaart

Posted by VLV in Douglas Tak, News 18 Sep 2014

Sirkel:  Kimberley en distrik

Tak:  Douglas

Portefeulje:  Opvoeding

Beriggewer:   Hanneke Botha

Datum:  9 September 2014

 

 

douglas

 

 

Elize van Rooyen gee ‘n baie oulike demonstrasie oor hoe om koel somersdrankies of skemerkelkies te maak. Volgens haar is die nuutste neiging om enige mooi glase te gebruik. Sy het verskeie drankies gemaak en lede kon na afloop van die vergadering daarin proe.

 

 

douglas 2

 

 

Willem Kruger en Lucas Holtzhausen is aan die woord. Albei is werksaam by GWK. Willem gee ‘n baie insiggewende praatjie oor die beleggingswêreld en welvaartskepping en hy gee raad oor finansiële beplanning.

 

 

Daar is riglyne gegee oor hoe om jou welvaart te beskerm. Welvaart moet beskerm word teen risiko’s, beursregstellings, wêreldmarkte, politiek of inflasie. Dit is belangrik om geleenthede aan te gryp. Dit is skokkend dat ‘n brood in 1990 R3 gekos het, maar dat daardie selfde brood in 2038 R56 sal kos.  Dit is die effek van inflasie. ‘n Mens moet altyd jou beleggings teen inflasie beskerm. Die eerste 6% opbrengs moet bewaar word om die effek van inflasie in ag te neem, die bedrag bo 6% is eintlik eers jou wins. ‘n Geldmark belegging gaan nie genoeg opbrengs lewer om inflasie te klop en ‘n voldoende inkomste te gee in vandag se wêreld nie.

 

 

douglas3

 

 

Ons het interessante inligting oor die JSE gekry. Is die JSE ‘n risiko of ‘n geleentheid? Die termyn van die belegging is baie belangrik wanneer geld op die JSE belê word. Korttermyn is hoë risiko en langtermyn het minder risiko. Lucas het gefokus op internasionale markte en waar SA staan in vergelyking met die res van die wêreld. Daar is briljante buitelandse maatskappye bv. Microsoft en Coca Cola en dit is die moeite werd om ‘n gedeelte van jou geld in die buiteland te belê.

 

 

Ter opsomming: neem alle risikos in ag wanneer jy besluit op ‘n sekere tipe belegging, verstaan die risikos, gryp die geleenthede aan, belê in die regte bateklasse, bestuur jou beleggings aktief, versprei jou risiko en verseker welvaartgroei.

 

 

Na afloop van die praatjie is daar geleentheid gegee vir vrae.

 

Post a comment

two × two =