Sirkelvergadering te Langebaan

 

Sirkelvergadering te Langebaan

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 19 Sep 2019

 

Sirkel :  Weskus

Sirkelvergadering  te Langebaan

Beriggewer :  Mev. Estelle Du Plessis

Datum :  18 September 2019

 

29 Lede van Sirkel Weskus het op Langebaan byeengekom vir die jaarlikse Sirkelvergadering.  Die Ampsdraers is baie hartlik ontvang deur Langebaan se lede.  Die saal was pragtig versier in rooi en wit.

 

Heerlike verversings is voorgesit met teetyd en die middagete was ‘n treffer.

 

 

 

 

 

Die vergadering het Mev. Estelle du Plessis gelukgewens met haar verkiesing as VLVK-visepresident.  ‘n Baie mooi potplant is aan haar oorhandig.

 

Mev. Estelle du Plessis ontvang geskenk van die sekretaris, mev. Elsabe Carstens

 

 

 

 

 

 

 

 

Die vergadering het goed afgeloop en terugvoer van Kongressake is gegee.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mev. Mary-Ann van Schalkwyk het die skild ontvang as die beste Voorsitter aan die roer van haar VLV-skip vir die jaar.  Die skild is geskenk deur mev. Elize Knoetze.

 

 

 

 

 

Mev Mary-Ann v Schalkwyk ontvang die skild van Mev. Elize Knoetze

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Na afloop van die vergadering het die dames almal hand bygesit om blomme te maak van mosselskulpe. Ywerige lede het voor die tyd die skulpe opgetel op die strande by St. Helenabaai en Dwarskersbos.  Die blomme gaan dien as versiering by die Sirkel se Vrouedag op 2 November 2019 by die Soverby Lapa net buitekant Dwarskersbos.  Die oggend is ‘n fondsinsameling ter stuiwing van die Sirkelfondse.

 

Lede besig om blomme te maak

 

 

 

 

 

 

 

 

Mooi skulpblomme van mosselskulpe

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Voltooide protea-blom gemaak deur mev. Lin Smit,  voorsitter van Velddrif.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dames tel skulpe op by St. Helenabaai

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lid wat ‘n blom gemaak het

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lid met ‘n blom wat sy gemaak het

 

Leave a Reply