Sirkeldag te Velddrif

 

Sirkeldag te Velddrif

Posted by Natania Schmidt in News, SIRKEL NUUS 19 Sep 2013

Sirkel: Weskus
Beriggewer: Elmarie Cumpsty
Datum: 18 September 2013

 

s1

Die tafels was pragtig getooi met antieke handsakkies,  hoede, juwele en serpe, en vandaar die tema vir die oggend: Wat pak jy in jou VLV handsak?

 

V – Vreugde + L – Liefde + V – Vrede = VLV

 

Kom ons gaan loer wie het wat ingepak:
President:- Estelle du Plessis
ü Koester – koester elke lid in jou tak
ü Daagliks – gee om vir elke lid daagliks
ü Verskuif jou grense – doen dinge anders
ü Georden – elke dag moet georden wees
ü Positief – wees positief en straal dit uit
Visepresident:- Gina Smit
ü Bereidwilligheid – elkeen het ‘n plig teenoor die VLV
ü Betrokkenheid – wees betrokke by aktiwiteite
ü Menseverhouding –  ondersteun mekaar
ü Kennis – gebruik die lede met “baie” kennis / weet wat gebeur in jou tak
Sekretaris:- Muggie du Toit
ü Samewerking – ‘n goeie verhouding met President/voorsitter & lede
ü Ondersteuning – President/voorsitter kan slegs goed doen met goeie ondersteuning van ‘n sekretaris
ü Lojaliteit – skakel tussen President/voorsitter/bestuur/lede
ü Betyds – hou by sperdatums
ü Gehalte – netjiese werk / notuleboek
Tesourier:- Sinnie Koeglenberg
ü Rente – werk slim met VLV gelde
ü Gereedskap vir jou vergadering – hou altyd ‘n pen/papier & jou selfoon byderhand
ü Sperdatums – hou by sperdatums wanneer betalings moet geskied
ü Akkuraatheid – wanneer gelde ontvang/betaal word teken dit so aan
ü Skep vertroue – hê vertroue in lede

 

Demonstrasie gelewer deur Anlo van Zyl – Hoe om ‘n bos blomme ten volle te gebruik.

 

Sirkel Weskus het beslis hul Grense Verskuif tydens hierdie vergadering en is opgewonde en positief oor VLV!

 

s2

Anlo van Zyl se demonstrasie: Hoe om ‘n bos blomme ten volle te gebruik

 

s3

Uitstalling van hoede en en handsakkies

 

s4

Pragtige antieke kralehandsakkie

Post a comment